Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Soveel toeskouers by Spele toegelaat

Die Olimpiese Spele in Tokio se reëlingskomitee het Maandag besluit hoogstens 10 000 toeskouers per stadion sal toegelaat word by die skouspel, wat aanstaande maand in Japan begin.

Sebastian Coe, hoof van Wêreldatletiek, verlede jaar op ’n besoek aan die Nasionale Stadion in Tokio, waar die Olimpiese Spele se openingseremonie en atletiek-items onder meer aangebied sal word. Slegs 10 000 toeskouers sal in dié enorme stadion toegelaat word. Foto: Getty Images

Dié besluit kom slegs enkele dae nadat mediese kenners gewaarsku het ’n Spele sonder enige toeskouers sou die kleinste risiko inhou.

Dié besluit was egter te wagte nadat die regering, organiseerders en die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) die laaste paar maande by herhaling gesê het die Spele, wat reeds ’n jaar uitgestel is en Japan se belastingbetalers reeds meer as ’n beraamde R180 miljard uit die sak gejaag het, sál voortgaan. Dít ondanks groot openbare teenkanting omdat die vrees bestaan dat die samekoms van derduisende mense van oor die wêreld heen opnuut ’n nuwe vlaag van Covid-19-infeksies kan ontketen.

Luidens ’n verklaring deur die reëlingskomitee word venues tot 50% van hul kapasiteit beperk, maar mag daar by die groter stadions nie meer as 10 000 toeskouers toegelaat word nie.

Dié beperking kan selfs nog verminder word, afhangende van die Covid-19-situasie in Tokio.

Trouens, Josjihide Soega, Japan se eerste minister, het gesê indien daar tydens die Spele ’n noodtoestand in Tokio van krag is, kan hulle besluit om geen toeskouers toe te laat nie. Die huidige noodtoestand daar is geskeduleer om op 11 Julie opgehef te word.

Volgens die IOK is meer as 80% van diegene wat van 23 Julie tot 8 Augustus in die Speledorp sal tuisgaan, reeds teen die koronavirus ingeënt.

Daar is vroeër besluit dat geen buitelandse toeskouers by vanjaar se Spele toegelaat sal word nie. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.