Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Kritiek oor vermorsing van kos

Die Olimpiese Spele se reëlingskomitee het Woensdag om verskoning gevra nadat hulle hopeloos te veel kos vir personeellede by die openingseremonie bestel het. Baie van die kospakkies moes weggegooi word.

Die tennisspeler Naomi Osaka van Japan tydens Vrydag se openingseremonie met die Olimpiese fakkel. Foto: Getty Images

Video’s van vragmotors wat die ongeëte middagetes oplaai, is wyd op sosiale media gedeel.

Die organiseerders moes reeds talle skandale oorkom en is steeds onder skoot omdat hulle die Spele tydens ’n wêreldwye pandemie aanbied.

Hulle is wyd gekritiseer dat hulle kos vermors het. Duisende middagetes en bakkies rys is by die Nasionale Stadion in Tokio weggegooi.

Die vermorsing het waarskynlik gebeur omdat die aantal vrywilligers aansienlik verminder is vanweë die verbod op toeskouers.

Dit is nóg meer vernederend vir die reëlingskomitee omdat hulle die Spele verkondig het as ’n “volhoubare” een en waar “geen verkwisting” sal plaasvind nie.

Masa Takaya, woordvoerder, het erken daar was te veel kos vir die openingseremonie.

Hy het egter gesê kos is nie weggegooi nie, dis herwin as kos vir diere.

Daar was egter ’n groot herrie op sosiale media.

Ontstoke mense sê daar is duisende mense wat tydens die pandemie swaar kry.

Junko Hitomi van die organisasie sonder winsbejag The People sê dit is vermorsing.

Nog voordat die Spele begin het, het 10 000 vrywilligers bedank en daar is nou net sowat 80 000 van die aanvanklike 110 000 vrywilligers wat verwag is. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.