Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Olimpiese Spele begin op 23 Julie 2021

Die Olimpiese Spele sal aanstaande jaar van 23 Julie tot 8 Augustus plaasvind, met die Paralimpiese Spele van 24 Augustus tot 5 September 2021.

Die datums is Maandagmiddag deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aangekondig.

’n Nuwe datum vir Tokio se Olimpiese Spele is Maandag bepaal. Foto: Getty Images

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het verlede week gesê hy beoog om op die laatste teen die einde van April ’n nuwe datum vir die Spele, wat na 2021 verskuif is, vas te stel, maar het verlede week reeds begin om die voor- en nadele van ’n Spele in die lente en ’n Spele in die somer teenoor mekaar op te weeg. 

Thomas Bach, president van die IOK, het ’n taakspan saamgestel wat saam met 33 internasionale sportliggame nuwe datums moes vasmaak vir Tokio se Olimpiese en Paralimpiese Spele. Hulle het soos blits besluit om dieselfde tydsgleuf te gebruik as wat vanjaar sou geld. Was dit nie vir die koronavirus nie, sou vanjaar se Olimpiese Spele op 24 Julie begin het.

Die IOK het in sy verklaring gesê daar is drie redes vir die nuwe datums:

*  Om die gesondheid van die atlete en alle ander rolspelers te beskerm en die bevegting van die koronavirus te ondersteun;

* Om die belange van die atlete en Olimpiese sport te beskerm; en

* Die globale sportkalender.

"Die nuwe datums gee gesondheidsowerhede en almal betrokke by die organisering van die Spele die maksimum tyd om die veranderende sportlandskap en ontwrigtings wat die Covid-19-pandemie veroorsaak, te bowe te kom," sê die IOK. "Die nuwe datums, presies een jaar na die datums wat oorspronklik beplan is, het ook die bykomende voordeel dat dit minimale ontwrigtings vir die internasionale kalender sal meebring, en dat dit genoeg tyd laat om die kwalifiseringsproses te voltooi."

Die byeenkoms in 2021 sal steeds as Tokio 2020 bekend staan.

* Die amptelike uitstel van die Olimpiese Spele het atlete van “psigiese onstuimigheid” gered, meen Sebastian Coe, die president van Wêreldatletiek.

Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, glo die uitstel van die Tokio Spele het ’n positiewe sielkundige effek op atlete. Foto: Getty Images

Die IOK het weke voete gesleep voor hy uiteindelik verlede week onder druk geswig en die Spele uitgestel het.

In ’n onderhoud met die radioprogram TalkSport sê Coe dat alle sport, en nie net atletiek nie, vrede daarmee moet maak dat die skouspel nie tans kan plaasvind nie.

“Ons is niks anders as enigiemand anders daar buite nie. Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat sport in hierdie stadium die agtersitplek moet inneem,” sê Coe.

Hy glo as daar nié besluit is om die Spele uit te stel nie, dit atlete sou gedwing het om drastiese stappe te neem om fiks te bly en hul beste peil in die Noordelike Halfrond se somer te bereik. In etlike lande, insluitend Suid-Afrika, is daar inperkings wat dit vir atlete baie moeilik (en vir baie selfs onmoontlik) maak om te oefen soos hulle gewoond is.

“Ons wou die atlete nie in ’n situasie plaas waar hulle gevoel het hulle moet teen hul regerings se advies optree en dalk selfs die wet oortree nie.

“Dit was altyd in ons agterkop dat nie net hul oefenprogramme geaffekteer sou word nie, maar dat hulle die gevaar loop om hulself, hul families, hul kinders, hul grootouers of ouers te infekteer. Ons wou hulle net so gou as moontlik van daardie sielkundige ongerustheid ontneem.”  - Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio Spele  |  Koronavirus  |  Iok  |  Japan  |  Covid-19  |  Sebastian Coe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.