Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Hoogtepunte: Welkom, goue Tatjana!

Tatjana Schoenmaker, Suid-Afrika se goue meisie, is Maandagmiddag deur haar ouers en ondersteuners by die O.R. Tambo-lughawe terug verwelkom.

Vroeër by die Tokio-Spele het Wayde van Niekerk se Spele-aanslag oor 400 m tot ’n onindrukwekkende einde gekom in die halfeindronde waar hy vyfde was in 45.14. Wenda Nel  het nie genoeg in die tenk in die 400 m-hekkies se halfeindronde nie. Sy eindig sewende in die tweede halfeindwedloop. Die SA manswaterpolospan se Spele is ook verby nadat hulle met 9-24 die knie voor die gasheer Japan buig.

KYK: Kyk hier na Wayde van Niekerk se 400m-halfeindwedloop.
TOKYO, JAPAN - AUGUST 02: (R-L) Steven Gardiner of
Wayde van Niekerk in aksie in die halfeindronde van die 400m. Die verdedigende Olimpiese kampioen het vyfde geëindig. Foto: Getty Images

• Spele-program

• Spele-uitslae

• Spele-medaljelys

LEES OOK:

Akani soek troos in 2024 ná medalje-deur toe bly

KYK: 2 deel goud in mans se hoogspring

Zverev maak geskiedenis vir Duitsers


02 Aug. 21:01:47

Hou dié Suid-Afrikaners Dinsdag dop

02:20: Atletiek: Vroue-spiesgooi, kwalifisering – Jo-Ane van Dyk.

04:05: Atletiek: Mans, 200, uitdunne – Anaso Jobodwana, Clarence Munyai, Shaun Maswanganyi.

10:00: Klim: Mans, kwalifisering – Chris Cosser.

12:15: Atletiek: Mans, gewigstoot, kwalifisering – Kyle Blignaut, Jason van Rooyen.

12:30: Sierswem: Duet, tegniese roetine, kwalifisering –Clarissa Johnston en Laura Strugnell.

12:42: Atletiek: Mans, 110-hekkies eerste ronde, vyfde uitdun – Antonio Alkana.

13:00: Atletiek: Mans, 5 000, eerste ronde – Precious Mashele.

13:50: Atletiek: Mans, 200, halfeindronde.

23:30: Oopwaterswem: Vroue, 10 km – Michelle Weber.

02 Aug. 20:43:54

Tatjana wou mense 'n bietjie hoop gee

Dit het nog nie regtig tot Tatjana Schoenmaker deurgedring dat sy nou ’n Olimpiese kampioen en Suid-Afrikaanse sportheldin is toe sy Maandagmiddag op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg se internasionale aankomssaal ingestap het nie.

Maar eintlik, sê sy, gaan dit nog veel langer vat om haar van die grootsheid wat sy bereik het te oortuig.

“Ek dink dit sal my dalk rêrig tref wanneer ek by die huis is en saam met my gesin kan feesvier, maar eintlik sal ek verkies dat dit nie heeltemal insink nie sodat niks my fokus van die volgende groot ding voor my wegneem nie,” het die nuwe wêreldrekordhouer en Olimpiese kampioen in die 200 m-borsslag gesê kort nadat ’n raserige groep vriende en mede-swemmers haar Maandag terug in Suid-Afrika verwelkom het.

“Vir my was die belangrikste om mense ’n bietjie hoop te gee, en om God se liefde deur my swem te wys. As daar iemand daarbuite is wat God se liefde en teenwoordigheid ervaar het terwyl hulle my gesien deelneem het, het ek bereik waarvoor ek gehoop het.”

Lees die volledige berig hier.
02 Aug. 20:36:35

Groot opskudding

Die Indiese vrouehokkiespan het Maandag vir ’n groot opskudding by die Olimpiese Spele gesorg deur Australië met 1-0 in hul kwarteindstryd uit te skakel. Die Indiese vroue het geskiedenis gemaak deur die eerste keer die halfeindstryd te haal.

Lees die volledige berig hier.
02 Aug. 20:32:21

Geskiedkundige oomblik

Laurel Hubbard van Nieu-Seeland het Maandag geskiedenis gemaak deur die eerste openlike transgender atleet tot nog toe te word wat aan 'n Olimpiese Spele deelneem, maar haar deelname aan die +87 kg-eindronde in die gryphef-afdeling vir vroue was van korte duur nadat sy drie pogings verbrou het.

Hubbard (43) was die oudste deelnemer in die gewigoptel-kompetisie in Tokio.

"Ek is nie heeltemal onbewus van die omstredenheid rondom my deelname aan die Spele nie," het Hubbard aan verslaggewers gesê.

"En daarom wil ek veral die Internasionale Olimpiese Komitee bedank dat hulle werklik hul toegewydheid tot die Olimpiese beginsels herbevestig het en besluit het dat sport iets is vir alle mense is en dat dit inklusief en toeganklik is." – Reuters

Foto: Getty Images

02 Aug. 17:43:13

Wayde ‘stel homself teleur’ in Tokio

Hy het in Tokio opgedaag as die wêreldrekordhouer en verdedigende Olimpiese kampioen in die 400m, maar vir Wayde van Niekerk het sy Spele-veldtog nie afgeloop soos hy gehoop het.

Van Niekerk se vertoning in die halfeindronde sou vir baie Suid-Afrikaners ’n skok gewees het, maar sy onlangse peil het daarop gedui dat hy sou sukkel om sy kroon suksesvol te verdedig. Hy moes in die halfeindronde van die 400 m eindelik in ’n tyd van 45.14 sekondes met die vyfde plek tevrede wees.

“Ek is natuurlik teleurgesteld in my vertoning,” het van Niekerk daarna gesê.

“Ek het baie meer van myself verwag, maar dit het nie uitgewerk soos wat ek gehoop het nie. Dit is wat dit is en ons moet nou vorentoe kyk.”

Lees die volledige berig hier.
02 Aug. 17:16:19

Ruan Ras (kêrel) saam met die Schoenmakers: Rene (pa), Tatjana, Fabienne (suster) en Renske (ma). Foto: Deaan Vivier

02 Aug. 17:13:10

Schoenmaker en minister Nathi Mthethwa gesels.


02 Aug. 17:09:30

Schoenmaker op die mediakonferensie.

Foto: Deaan Vivier

02 Aug. 17:05:12

"Ek het van sosiale media afgebly en geen nuus gelees vir die duur van die Spele nie, so ek moet nou 'n klomp boodskappe gaan lees en antwoord," sê Schoenmaker.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.