Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Fakkel brand as ‘simbool van hoop’
Die Olimpiese fakkel brand in ’n lantern in Foekoesjima. Foto: AP

Die Olimpiese fakkel sal vandeesmaand in ’n lantern in Foekoesjima brand as “ ’n simbool van hoop”.

So het Joekihiko Noenomoera, uitvoerende hoof van die reëlingskomitee, Woensdag gesê.

Die aankoms van die Spele-vlam in Foekoesjima sou ’n hoogtepunt in die aanloop tot die sportskouspel in Julie wees, maar die Covid-19-pandemie het die wêreld op sy kop gekeer.

Woensdag se seremonie in die J-Village-sportkompleks was ’n gedempte een met min mense teenwoordig.

Dié kompleks sou die beginpunt wees van die fakkelwedloop.

Noenomoera het die Olimpiese vlam aan Makoto Nodji van die plaaslike regering oorhandig en gesê dit is ’n simbool van hoop.

“Die wêreld sal volgende jaar feesvier dat hy die ernstige koronavirus oorkom het,” sê Nodji.

Die fakkel sal tot 30 April in die J-Village-sportkompleks ten toon gestel word voordat dit na Tokio geskuif sal word.

Die horlosie wat die dae na die Olimpiese Spele aftel, is vandeesweek aangepas nadat die sportbyeenkoms uitgestel moes word. Dié groot horlosie staan voor die JR Tokio-stasie. Foto: Getty Images

Dié kompleks is gekies as die beginpunt van die fakkelwedloop van 121 dae omdat dit ’n simbool is van Japan se herbouproses ná 2011 se aardbewing en tsoenami.

Die terrein is gebruik as die basis van herwinningspogings langs die kuslyn.

Dit dien nou as ’n hoëprestasie-sentrum vir Japan se jong elite-sokkerspelers.

Die Spele in Tokio sal van 23 Julie tot 8 Augustus 2021 plaasvind. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.