Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Spele Rassie Pieterse se swanesang

Vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio sal die laaste sien wees van Rassie Pieterse, staatmaker-doelwagter in die Suid-Afrikaanse manshokkiespan.

Rassie Pieterse in aksie in ’n wedstryd teen België in 2018. Foto: Getty Images

Die 37-jarige Pieterse wou altyd by ’n Spele uittree en het met die span se vertrek bevestig dat dit sy internasionale swanesang is.

Die nasionale span het van Potchefstroom na Johannesburg vertrek en vlieg nou via Katar na Tokio.

Hy sal op 18 Julie sy intrek in die Speledorp in Tokio neem.

“Dit is my laaste internasionale toernooi in die Groen-en-goud,” sê hy.

Pieterse is nog nie finaal klaar met die spel nie en sê hy beoog om nog ’n seisoen provinsiale hokkie te speel.

“Ek gaan beslis nog een seisoen vir die Leeus (Suidelikes) uitdraf.”

Die span het verlede jaar in die reeks teen Duitsland Pieterse se “tuisafskeid” gehou.

Pieterse, ’n veteraan van meer as 160 toetse, was op 2008 se Spele in Beijing die plaasvervanger-doelwagter en hy was daarna op die Londen-Spele in 2012 in aksie.

Ons sal eers weer ’n wedstryd moet speel om ’n werklike maatstaf te kry van waar ons is.

Hy sê dit voel vir hom asof hulle onafgehandelde sake op die Spele het en hy hoop dat hulle dié keer iets sal regkry wat hulle nog nie voorheen kon nie.

Sedert die Spele verlede jaar as gevolg van die Covid-19-pandemie om verskillende redes uitgestel is, was hulle nie veel in aksie nie. Daar was ’n reeks teen Namibië, waarna hulle hul voorbereiding met ’n klompie wedstryde teen die Suid-Afrikaanse o.21-span in Potchefstroom afgesluit het.

“Ons is op die oomblik die fiksste wat ek ons nog gesien het,” sê Pieterse.

“Ons is basies in dieselfde posisie as wat die Springbok-rugbyspan was omdat ons ook lank laas (in ’n groot reeks) gespeel het. Ons sal eers weer ’n wedstryd moet speel om ’n werklike maatstaf te kry van waar ons is.”

Dié kans gaan hulle nou kry.

Die Olimpiese kampioen, Argentinië, is een van die spanne wat in oefenwedstryde op hulle wag.

Die Suid-Afrikaners se afrigter, Garreth Ewing, het bevestig hulle gaan vooraf in drie opwarmwedstryde betrokke wees.

“Ons gaan teen Nieu-Seeland, Argentinië en Spanje oefenwedstryde speel.”

Die wedstryde sal hulle ’n goeie aanduiding gee van waar hulle staan.

Die Suid-Afrikaners, 14de op die wêreldranglys, het vier Europese teenstanders in hul groep op die Spele, waarvan België, tans tweede, die hoogste op die wêreldranglys is.

Hulle begin hul aanslag op die Spele op 24 Julie teen Brittanje. Hulle speel reeds die volgende dag teen Nederland. België, Duitsland en Kanada is die ander spanne in hul groep.

• Daar was op die nippertjie onttrekkings aan die Suid-Afrikaanse span en Daniel Bell is tot die groep toegevoeg. Die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging sal binnekort amptelike besonderhede bekend maak sodra die proses soos met plaasvervangers verlang word voltooi is.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Hokkie  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.