Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Marathons sal nie terug na Tokio skuif
Kit McConnell, die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se sportdirekteur, sê die planne is om die Olimpiese Spele se program volgende jaar dieselfde te hou as wat dit vanjaar sou wees. Foto: Getty Images

Die uitstel van die Olimpiese Spele na 2021 sal nie tot ’n skuif van die marathons en stapwedlope lei nie.

So het Kit McConnell, die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se sportdirekteur, op ’n telekonferensie met die media gesê.

Die IOK en Tokio se reëlingskomitee het lank koppe gestamp oor waar die marathons en stapwedlope moet plaasvind tydens 2020 se Olimpiese Spele, veral met die erge hitte in Tokio in Julie en Augustus wat ’n groot bron van kommer was.

Die Tokio-reëlingskomitee het eindelik bes gegee en ingestem dat die langafstanditems sowat 800 km weg van die hoofstad geskuif is, na Sapporo.

McConnell sê die verwagting is dat geen veranderinge aan die Spele se program gemaak sal word nie.

Die byeenkoms, wat aanvanklik op 24 Julie sou begin en op 9 Augustus klaarmaak, is tot 2021 uitgestel en sal nou op 23 Julie begin.

Tokio beleef gereeld in Julie en Augustus temperature van hoër as 30°C, terwyl die hoë humiditeit in dié area ook iets is wat die lewe in die marathons en stapwedlope kan bemoeilik.

Al die items wat vir Sapporo geskeduleer is, sal in die laaste vier dae van die skouspel plaasvind.

Die vroue se marathon sal op 7 Augustus wees, met die mans se wedloop ’n dag later, voor die byeenkoms se afsluitingseremonie.

Die vroue se marathon sal op 7 Augustus wees, met die mans se wedloop ’n dag later, voor die byeenkoms se afsluitingseremonie.

Die wedlope in Sapporo sal by die stad se Odori-park begin en eindig. Die baan is ongeveer 20 km lank en word meestal gebruik vir die Hokkaido-marathon, wat gewoonlik in Augustus plaasvind.

Thomas Bach, die president van die Internasionale Olimpiese Komitee. Foto: Getty Images

Thomas Bach, IOK-president, tesame met Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, het ná die aankondiging dat die Spele uitgestel word gesê dat alle atlete wat reeds vir die 2020-byeenkoms gekwalifiseer het, nie hul plekke kwyt gaan wees of weer die kwalifiseringsvereistes sal hoef te haal nie.

McConnell het egter nou gesê dat die laaste sê steeds in die hande van die lande se nasionale Olimpiese komitees is.

“In al die sporte sal die nasionale Olimpiese komitees die reg behou om die individue te kies vanuit die groep wat gekwalifiseer het.”

Hy het bygevoeg die IOK sal nog vergader oor ’n nuwe tydgleuf waarbinne atlete wat nog nie gekwalifiseer het nie, hul kaartjies na Tokio kan probeer bespreek.

Meer oor:  Thomas Bach  |  Japan  |  Tokio  |  Uitstel  |  Olimpiese Spele  |  Marathon  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.