Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Spele: Oorsese toeskouers gaan glo verbied word

Japan se regering oorweeg om oorsese toeskouers in Julie by die Olimpiese Spele in Tokio te verbied, het ’n Japanse koerant, Mainichi, Woensdag berig.

Slegs Japanse toeskouers sal moontlik by die Olimpiese Spele in Tokio toegelaat word. Foto: Getty Images

Luidens die berig sal ’n finale besluit later vandeesmaand geneem word nadat die regering met die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en ander belanghebbendes vergader het.

Die regering oorweeg dit egter nog om plaaslike toeskouers by die Spele toe te laat, maar dit is nog nie duidelik hoeveel in stadions en in ander venues toegelaat sal word nie, het Mainichi berig.

Dié berig het verskyn op die oggend van die vergadering tussen die plaaslike reëlingskomitee, IOK, Internasionale Paralimpiese Komitee, die regering en Tokio se plaaslike owerheid.

Die kwessie van toeskouers by die Spele was glo boaan die agenda vir dié vergadering.

’n Nuwe peiling in Yomiuri, nog ’n plaaslike koerant, het intussen getoon dat 91% van plaaslike respondente verkies uit vrees vir die verspreiding van Covid-19-infeksies dat min of geen toeskouers by die Spele toegelaat word nie.

In ’n peiling wat tussen 18 Januarie en 2 Februarie gehou is, het 70% van die respondente gesê hulle “stel belang in die Spele”, terwyl 58% daarteen gekant is dat dit vanjaar gehou word. Dít is 20 persentasiepunte laer as ’n vorige meningspeiling. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Toeskouers  |  Tokio-Spele  |  Japan  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.