Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Springsteen se dogter haal nie finaal

Jessica Springsteen, die dogter van die rockster Bruce Springsteen, het nou haar naam gevoeg op die lys van nakomelinge van die superrykes wat in perdesport aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.

Jessica Springsteen in aksie op haar 12-jarige hings, Don Juan van de Donkhoeve, in Tokio. Foto: Getty Images

Springsteen, op haar 12-jarige hings, Don Juan van de Donkhoeve, het nie Woensdag gekwalifiseer vir die eindronde van die individuele perdespring nie, maar kan nog uitsien na die span-item later in die week.

“My perd het ongelooflik vertoon. Ek is meer as tevrede met hom,” sê die 29-jarige dogter van die “Boss” en sy vrou, Patti Scialfa, ’n medelid van die E Street Band.

Springsteen, wat saam met die ervare gouemedaljewenners McLain Ward, Kent Farrington en Laura Kraut vir die VSA meeding, erken sy was op haar senuwees voor haar Spele-buiging.

Sy was in 2012 op bystand indien een van die ander ruiters sou onttrek aan die sportskouspel in Londen. Dit het nie gebeur nie en in 2016 (Rio de Janeiro) was haar perd beseer en is sy nie vir die span oorweeg nie.

Jessica Springsteen saam met haar ouers, Bruce Springsteen en Patti Scialfa. Foto: Getty Images

“Dit is nie net my eerste Spele nie, dis ook my eerste kampioenskap,” sê Springsteen.

“Jy voel beslis vooraf meer op jou senuwees, maar om lid te wees van ’n span saam met Kent en McLain en Laura met al daardie ervaring, het my baie selfvertroue gegee.”

Springsteen is nie die eerste perderuiter met beroemde ouers wat aan die Spele deelneem nie.

Prinses Anne, die dogter van koningin Elizabeth II, het Brittanje in 1976 by die Spele in Montreal verteenwoordig. Anne se dogter, Zara Tindall, was ’n mededinger in Londen in 2012 en het ’n silwermedalje verower.

Die Egiptenaar Nayel Nassar, eersdaags die skoonseun van die miljardêr-filantroop Bill Gates, neem ook in die perdespring in Tokio deel.

Gates het sy steun vir Nassar op sosiale media uitgespreek:

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Perdesport  |  Bruce Springsteen  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.