Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Storm steeds bedreiging vir Spele

’n Storm aan Japan se ooskus het Dinsdag steeds ’n bedreiging ingehou vir die Tokio-Spele, al het dit nie die gasheerstad met verwoestende winde en swaar reën bestook soos aanvanklik verwag nie.

TOKYO, JAPAN - JULY 27: Police officers are seen t
Die tropiese storm Nepartak sal nie so ’n groot invloed op die Tokio-Spele hê soos aanvanklik verwag is nie. Foto: Getty Images

Sterk wind en reën het die begin van die vroue-driekamp in Tokio-baai vertraag en die gure weer dreig ook om twee sagtebalwedstryde om medaljes later in die dag omver te gooi.

Branderplankryers is egter in hul noppies met die toestande en die organiseerders het die medalje-rondes ’n dag vroeër geskuif om munt te slaan uit die groter golwe.

Japan se warm, nat en onstabiele somerweerpatrone is ’n bron van volgehoue kommer vir ’n Spele wat reeds omstrede is omdat dit te midde van ’n Covid-19-noodtoestand aangebied word.

Volgens die Japannese Meteorologiese Agentskap gaan die tropiese storm Nepartak ongeveer 31,5 mm reën binne 24 uur laat neersak wanneer dit die noorde van die land Woensdag tref. Dit is op pad na Sendai, 370 km hoër op langs die kus van Tokio.

Hoewel die hoofstad nie soos voorspel swaar reën oornag ontvang het nie, bly Nepartak ’n tropiese storm met winde van tot 118 km/h terwyl dit naby Japan se ooskus woed. 

Die storm het vroeër die skedules van die roei en boogskiet ontwrig.

Japan se weermag sê hy monitor die situasie.

– Reuters 

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Iok  |  Tifoon  |  Tropiese Storm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.