Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Suid-Korea wil Noord betrek in bod vir 2032

Luister ’n mens na hul diskoers, is die enigste gevolgtrekking wat jy kan maak dat daar ’n diepgesetelde haat tussen Noord- en Suid-Korea is.

Suid het egter Donderdag ’n diplomatiese meesterskuif gemaak wat dalk die ys kan breek wat beter verhoudinge betref – ’n voorstel deur Seoel om 2032 se Olimpiese Spele saam met Pjongjang, hoofstad van Noord-Korea, aan te bied.

Kim Jong-oen se liefde vir missiele is dalk net te groot om die wêreld te oortuig dat Pjongjang die Olimpiese Spele in 2032 saam met Seoel moet aanbied. Foto: Getty Images

Tans is Brisbane die gunsteling, maar die diplomatiese skuif deur die Suid-Koreane kan dalk die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se verbeelding aangryp. Die IOK het wel al vir Brisbane as sy voorkeurstad geïdentifiseer, hoewel dit nie noodwendig beteken dat die koeël deur die kerk is nie.

Daar was reeds in 2018 gesprekke tussen pres. Moon Jae-in van Suid-Korea, en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-oen, oor die moontlikheid om saam ’n bod in te dien. Die verhouding tussen hulle het egter sedertdien weer verswak nadat Donald Trump, voormalige Amerikaanse president, nie vir Kim kon oortuig om sy planne vir kernwapens te staak nie. Moon het aangebied om ’n bemiddelaar vir daardie gesprekke te wees.

Die titel van Seoel se bod is “Beyond the Line, Toward the Future”. Die aanslag daardeur is duidelik om gestalte te gee aan die IOK se visie om wêreldvrede deur sport te bevorder.

’n Beampte in Suid-Korea se ministerie vir eenwording het gesê die voorstel is ’n skuif om die belangrikheid van altwee die Koreas te beklemtoon.

Daar is reeds ’n presedent met atlete van albei lande wat in 2018 onder ’n verenigde vlag aan die Winterspele deelgeneem het. Dit is deur Suid-Korea in Pjeongtsjang aangebied.

Suid-Korea hoop hy kan dieselfde doen by vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio, maar die Noorde het die laaste klompie weke teen Moon uitgevaar. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Suid-Korea  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.