Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Te jonk in 2020, nou leef hulle Spele-droom

Die vrouegimnaste wat te jonk sou wees om deel te neem as die Tokio-Spele verlede jaar plaasgevind het, koester nou hul Olimpiese ervaring as ’n onvoorsiene – en omstrede – kans om op sport se grootste verhoog mee te ding.

Die 16-jarige Rus Viktoria Listunova. Foto: Getty Images

Die uitstel van die sportskouspel weens die Covid-19-pandemie was ’n kopseer vir die beheerliggaam vir internasionale gimnastiek (IGF). Volgens IGF-riglyne moet artistieke vrouegimnaste in ’n Spele-jaar minstens hul 16de verjaardag vier om kiesbaar te wees.

Die beheerliggaam het weens die uitstel besluit om diegene wat in 2021 16 word – in stede van 2020 – toe te laat om in Tokio mee te ding, iets wat ’n vurige debat in die sport veroorsaak het.

Baie gimnaste en afrigters het aangevoer die reëls rakende ouderdom moes nie aangepas word nie omdat dit meer ervare atlete se kanse om mee te ding sou bedreig.

Een van die begunstigdes van die besluit staan nou ’n kans om ’n medalje te verower.

Viktoria Listunova, wat in Mei 2005 gebore is, is deel van die Russiese Olimpiese Komitee-span wat eerste geëindig het in die kwalifiseringsronde vir spanne.

Die 16-jarige gimnas, wat ook die eindronde van die vloer-nommer gehaal het, het haar eerste Spele met nonchalance benader.

“Ek het dit hanteer soos net nog ’n kompetisie wat elke vier jaar plaasvind,” sê Viktoria, die huidige Europese kampioen.

“Maar hierdie keer vind dit vir die eerste keer in die geskiedenis in die vyfde jaar plaas.”

Ava Stewart (15) van Kanada. Foto: Getty Images

Die Kanadees Ava Stewart, wat haar 16de verjaardag in September vier, het met die Spele vir die eerste keer sonder haar ouers gereis en bevind haar vir die eerste keer buite Noord-Amerika.

“Ek het nie daaraan gedink as iets internasionaal nie,” sê Ava, wat nie die eindronde gehaal het nie.

“Ek gaan steeds poog om vir die Spele in 2024 te kwalifiseer, dit het nie verander nie. Maar nou het ek die geleentheid gekry om ’n internasionale byeenkoms te ervaar, al het ek dit nie so benader nie.”

Jutta Verkest (15) van België erken haar gelukskoot weens die koronavirus versuur die atmosfeer van ’n sportgeleentheid wat die hoogtepunt is van baie gimnaste se loopbane.

Die 15-jarige Belg Jutta Verkest. Foto: Getty Images

“Ek dink nie enigiemand is bly om die koronavirus te hê nie . . . want verbeel jou die Spele kon plaasvind sonder al hierdie maskers?” sê Jutta, wat in die eindronde van die span- en individuele nommers sal meeding.

“Dan sou ek nie deel van die Spele gewees het nie, maar alles sou baie groter en anders gewees het.”

Jutta vier in Oktober haar 16de verjaardag.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.