Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Toeskouers by Spele-fietsry toegelaat

Toeskouers kon Maandag eindelik, ná meer as ’n week, ’n byeenkoms by die Olimpiese Spele in Japan bywoon.

’n Toneel Maandag by die Olimpiese Spele se baanfietsry-byeenkoms in die Uzoe-fietsrybaan naby die berg Fuji. Foto: Getty Images

Die organiseerders het besluit dat 1 800 toeskouers – die helfte van die getal mense waarvoor daar plek is – die baanfietsry-kompetisie by die Izoe-fietsrybaan naby die berg Fuji, sowat 100 km van Tokio af, mag bywoon.

Duisende toeskouers het wel al langs die pad gestaan en kyk hoe jaag fietsryers in die padfietsrenne.

Daar was ook toeskouers by die plekke waar die bergfiets-wedrenne en driekamp afgehandel is.

’n Klompie het selfs op ’n brug naby Tokio se Ariake-sportpark gestaan en kyk hoe jaag die deelnemers aan die BMX-wedrenne die afgelope naweek.

Die organiseerders van die Spele het aanvanklik beplan om ’n nuwe fietsrybaan, wat ongeveer $100 miljoen sou kos, in Tokio te bou.

Om koste te bespaar, is daar eindelik besluit om maar eerder die Izoe-oord, waar die fietsrybaan in 2011 gebou is, te gebruik.

Fietsry se beheerliggaam, die UCI, was nie baie gelukkig oor die besluit nie.

Hulle het gevoel dit sou die deelnemers van die ervaring om in die Olimpiese dorpie te woon, beroof.

Hulle het ook gedink dit sou dit vir toeskouers moeilik maak om die byeenkoms by te woon.

Nou het dit egter so uitgewerk dat dit darem een van die min plekke is waar daar toeskouers toegelaat word omdat die beperkings weens die Covid-19 pandemie nie daar so streng soos in Tokio is nie. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.