Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
IOK gee boksbeamptes ’n opstopper

’n Taakspan van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het beslis nie een van die 36 skeidsregters en beoordelaars wat gebruik is vir die boksgevegte by Rio 2016 sal toegelaat word om op te tree by 2020 se Spele in Tokio nie.

Die Ier Michael Conlan is een van verskeie boksers wat destyds in Rio oortuig was hulle is oorwinnings weens kullery kwyt. Foto: Getty Images

Verskeie skeidsregters en beoordelaars is destyds van Rio af huis toe gestuur weens ’n klomp verdagte beslissings in die bokskompetisie.

BBCSport berig slegs skeidsregters en beoordelaars wat deur die sport se beheerliggaam, Aiba, gesertifiseer is, sal vir Tokio oorweeg word, mits hulle aan die IOK se kriteria voldoen.

“Ons hoofdoel is om te verseker ons behaal deursigtige en kredietwaardige sportuitslae, asook ’n regverdige speelveld,” sê Morinari Watanabe, voorsitter van die boks-taakspan.

Aiba het in sy ondersoek in 2017 bevind daar was geen inmenging met uitslae nie en het aanbeveel dat die Rio-beamptes op ’n “individuele grondslag” herintegreer word. Die IOK se nuwe keuringskriteria maak hulle egter onverkiesbaar vir die Spele in Tokio.

Tellings van al die beoordelaars ná elke ronde sal ook voortaan in die openbaar vertoon word tydens kwalifisering en kompetisie by die Spele.

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Boks  |  Tokio  |  Iok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.