Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Spele: Nuwe tegnologie gebruik

Die Olimpiese Spele in Tokio oor twee jaar sal die eerste een wees waar van gesigsherkenningstegnologie as ’n veiligheidsmaatreël in stadions gebruik gemaak sal word.

Die Japanse rugbyspeler Teroeja Goto demonstreer Dinsdag die gesigsherkenningstegnologiestelsel, wat in 2020 by die Olimpiese Spele en Paralimpiese Spele in Tokio gebruik gaan word. Foto: Reuters

Die reëlingskomitee van dié Spele snoer kragte saam met die Japanse telekommunikasie-en-inligtingstegnologiereus NEC om dié stelsel te ontwikkel.

Meer as 300 000 atlete en Spele-beamptes sal voor die begin van die Spele in Julie 2020 foto’s moet indien, wat dan op ’n databank gestoor sal word.

“Elke keer wanneer ’n Olimpiese fasiliteit binnegegaan word, moet ’n sekerheidsondersoek gedoen word,” het die veiligheidshoof van Tokio 2020, Tsoejosji Iwhasjita, verduidelik.

“Tokio se venues het egter nie altyd genoeg plek om alle atlete en beamptes te deursoek nie en daar is ook nie altyd ruimte vir lang toue mense, wat die gevolg van sulke ondersoeke is, nie. Dis hoekom ons van die gesigsherkenningstegnologie gebruik wil maak.

“Die stelsel is nie op toeskouers gemik nie en sal hoofsaaklik daarop fokus om die veiligheid op te skerp en atlete se wagtydperk te verminder.

“Meer as 40 fasiliteite, waaronder die hoofstadion, die internasionale uitsaaisentrum en die Speledorp sal van die gesigsherkenningstegnologie gebruik maak,” het NEC se visepresident, Masaaki Soeanoema, gesê.

Die hoof van Tokio se reëlingskomitee, Josjiro Mori, het intussen ook gesê hy gaan ’n pleidooi rig tot die Japanse premier, Sjizo Abe, om in die somer van 2020 horlosies in die land met ’n uur terug te draai.

Die rede hiervoor is dat die organiseerders graag wil hê dat Olimpiese nommers in later, koeler ure beslis word.

Japan beleef tans ’n besonder warm somer en meer as 120 mense is reeds aan hitte-verwante oorsake dood.

Die Suid-Koreaanse regering het die horlosie in 1988 teruggedraai toe Seoel die Olimpiese Spele aangebied het.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.