Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Tokio-Spele se 1ste Covid-geval

’n Polisiebeampte wat gehelp het met Japan se Olimpiese fakkelwedloop, is die eerste betrokkene by die Spele wat positief vir Covid-19 getoets is, het die reëlingskomitee Donderdag aangekondig.

Toeskouers in Foekoesjima wil ’n beurt hê om aan die Olimpiese fakkel te raak, wat deur Junko Ito gedra word. Foto: Reuters

Die beampte, wat in sy 30’s is, is positief getoets nadat hy in die suidelike eiland Sjikokoe op die roete gewerk het waarlangs die Olimpiese fakkel stadig sy weg na Tokio vind, waar die sportskouspel in Julie begin.

Volgens die reëlingskomitee het die beampte Saterdag toesig oor verkeer in die dorp Naosjima gehou (toe die Olimpiese fakkel daardeur beweeg het) en Sondag koorsig begin voel. Hy het ’n masker gedra en was glad nie in kontak met die drawwers met die fakkel nie.

Twee atlete, ’n TV-persoonlikheid en ’n gewese Olimpiër, het hul reeds aan die fakkelwedloop onttrek vanweë Covid-19-vrese.

Openbare steun vir die Tokio-Spele het drasties gekwyn te midde van die vierde golf van Covid-19-infeksies wat Japan tans hard slaan.

Die Japannese regering sal na verwagting later vandeesweek noodtoestande in Tokio en Osaka aankondig, wat plaaslike owerhede in staat sal stel om strenger inperkingsmaatreëls op inwoners af te dwing. Die Spele, wat reeds met ’n jaar uitgestel is vanweë die pandemie, is veronderstel om oor 92 dae te begin. Olimpiese en regeringsbeamptes het reeds by herhaling gesê dat dié skouspel nie ’n tweede keer uitgestel sal word nie. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.