Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Tsjeggiese Covid-gevalle in Tokio styg
Marketa Nausch-Slukova van Tsjeggië is positief getoets vir Covid-19. Foto: Getty Images

’n Vyfde lid van die Tsjeggiese Olimpiese span is in Tokio positief getoets vir Covid-19. Dit het dié land se Olimpiese Komitee genoop om ondersoek in te stel na die huurvlug waarmee die groep van Praag na Japan gereis het.

Die Tsjeggiese Olimpiese Komitee (COV) het Donderdag gesê dat die vroue-strandvlugbalspeler Marketa Nausch-Slukova die jongste geval is. Nausch-Slukova se man en afrigter, Simon Nausch, is ook positief getoets.

Nausch-Slukova het by die 2012-Spele in Londen vyfde geëindig en beklee tans die 16de plek op die wêreldranglys saam met haar spanmaat, Barbora Hermannova.

“Dit is uiters hartseer vir my dat ons veldtog in Tokio, wat veronderstel was om die hoogtepunt te wees, kortgeknip moes word,” het Nausch-Slukova gesê.

Dit is uiters hartseer vir my dat ons veldtog in Tokio, wat veronderstel was om die hoogtepunt te wees, kortgeknip moes word.
Marketa Nausch-Slukova

Die tafeltennisspeler Pavel Sirucek en die mans-strandvlugbalspeler Ondrej Perusic is die ander Tsjeggiese deelnemers wat positief getoets is.

Hulle was almal op dieselfde huurvlug, wat verlede Vrydag die Tsjeggiese span na Tokio geneem het, waarna die eerste Covid-19-geval, ’n dokter genaamd Vlastimil Voracek, aangemeld is.

Dié dokter was nie teen die virus ingeënt nie.

“Die ondersoek sal fokus daarop om te kyk of alle veiligheidsmaatreëls teen Covid-19-verspreiding vooraf, tydens en ná die vlug gevolg is en of sommige individue nie hul pligte nagekom het nie,” het die COV in ’n verklaring oor sy ondersoek gesê. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.