Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Turk kap IOK nadat boksers siek word
Galal Yafai van Brittanje (regs) op die onlangse Olimpiese kwalifiseringstoernooi in Londen teen Rasul Saliev van Rusland in aksie. Foto: Getty Images

’n Boksbaas van Turkye het die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) van roekeloosheid beskuldig nadat twee Turkse amateur-boksers en een afrigter positief getoets is vir Covid-19.

Dit volg nadat die IOK op 14, 15 en 16 Maart nog in Londen ’n kwalifiseringstoernooi vir die Tokio Spele gehou het.

“Ek is verstom dat die IOK en die Britse regering toegelaat het dat die toernooi voortgaan, al was baie van ons bekommerd en al het byna al die ander sportsoorte hul byeenkomste afgestel,” het Eyup Gozgec, die president van die Turkse boksfederasie, volgens The Guardian gesê.

Op die Turkse boksfederasie se webwerf het Gozgec een van die siek boksers as Serhat Güler geïdentifiseer. Die afrigter wat siek is, is Seyfullah Dumlupinar.

Güler sal glo oor ’n paar dae uit ’n hospitaal in Istanboel ontslaan word. Die res van die Turkse boksspan is vir 14 dae in hul huise onder kwarantyn geplaas.

In ’n brief wat Gozgec aan die ander boksfederasies gestuur het, braak die boksbaas behoorlik gal oor die IOK se “onverantwoordelike” optrede.

Lewis Richardson van Brittanje op die aanval in sy geveg op die onlangse Olimpiese kwalifiseringstoernooi in Londen teen Victor Yoka van Frankryk. Foto: Getty Images

“Die virus is al van Desember 2019 in die ronde. Waarom is die byeenkoms nie uitgestel nie? Hulle het niemand se gesondheid in ag geneem nie,” skryf Gozgec.

Daar het 342 boksers van 43 lande aan die toernooi, wat ná drie dae se aksie afgelas is, deelgeneem.

Terwyl die toernooi aan die gang was, het Franco Falcinelli, die president van die Europese boks-konfederasie, volgens The Irish Times gewaarsku dat die boksers “ ’n groot kans” staan om siek te word.

Busenaz Surmeneli is een van die Turkse boksers wat ook in Londen aan die Olimpiese kwalifiseringstoernooi deelgeneem het. Foto: Getty Images

Italië het ook ’n span op die toernooi gehad, al is dié land een van dié wat die ergste deur die Covid-19 pandemie getref is.

Van die wêreld se beste amateurboksers was volgens die Olympic Channel op die toernooi in aksie. Dit sluit in Pat McCormack (weltergewig, Brittanje), Hovhannes Bachkov (liggewig, Armenië), Maksim Babanin (super-swaargewig, Rusland), Busenaz Surmeneli (weltergewig, Turkye) en Laura Price (middelgewig, Brittanje).

Meer oor:  Spele  |  Olimpiese Spele  |  Tokio Spele  |  Koronavirus  |  Boks  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.