Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Turk se turf sit 8 j. ná Spele in Londen

Bykans agt jaar ná die Olimpiese Spele in Londen is die lys van galopsop-oortreders by dié skouspel steeds aan die toeneem.

Waar dit eens beskou is as die Spele wat die “skoonste” in die onlangse geskiedenis was, het die prentjie sedertdien aansienlik verander, met meer as 120 atlete se uitslae daar wat al as ongeldig verklaar is.

Gülcan Mingir van Turkye (regs) steek die wenstreep eerste oor in die 3 000 m-hindernis by die Europese Kampioenskap in 2012. Foto: Getty Images

Die Turkse atleet Gülcan Mingir se naam is Dinsdag by die lys van oortreders gevoeg toe sy die jongste hertoetsing van haar monster, wat destyds in Londen geneem is, gedop het.

Dié 30-jarige, wat aan die 3 000 m-hindernis deelgeneem het, het destyds ’n 27ste plek behaal, maar haar uitslag is nou geskrap.

Sy het in dieselfde jaar goud verower by die Europese Kampioenskap in Helsinki.

Mingir het die verbode middel turabinol, ’n steroïed wat help om spiermassa te bou, in haar gestel gehad.

Haar uitslag in Londen is gevolglik uit die rekordboeke gewis.

Voorheen het Beijing die rekord gehou as die “vuilste” Somerspele met betrekking tot die getal atlete wat opkikkertoetse gedop het.

Teen Januarie 2019 is 86 atlete positief vir opkikkers getoets vir die Spele wat in 2008 in China gehou is.

Luidens die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) sal die program vir die herontleding van monsters van die 2012-Spele in Augustus 2022 tot ’n einde kom.

Die IOK hou die monsters van die Londen-byeenkoms vir tien jaar, sodat hy voordeel kan put uit die nuwe tegnologie wat sedertdien beskikbaar gestel is om verbode middels op te spoor.

Meer as 10% van die 260 deelnemers aan die gewigoptel-kompetisie in Londen het al hul opkikkertoetse gedop, terwyl minstens 36 van die medaljewenners se uitslae al uitgewis is uit die rekordboeke en hulle hul medaljes moes teruggee. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Verbode Middels  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.