Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Tweelinge blink uit op Olimpiese verhoog
Sanne en Lieke Wevers van Nederland neem in Tokio aan hul tweede Olimpiese Spele deel. Foto: Getty Images

Gimnaste se taak om die Olimpiese Spele te haal is moeiliker as ooit tevore omdat die gimnastiekspanne vir die sportskouspel in Japan kleiner is as voorheen.

Dit is dus noemenswaardig dat daar drie stelle tweelinge is onder die 12 spanne van vier deelnemers elk wat vir die artistieke-gimnastiek-byeenkoms in Tokio gekwalifiseer het.

Die 29-jarige Sanne en Lieke Wevers van Nederland sal aan hul tweede Spele deelneem, terwyl Asia en Alice D’Amato (18) van Italië en Jessica en Jennifer Gadirova (16) van Brittanje ook in Tokio hul slag sal wys.

Daar is ook ’n tweeling wat in die ritmiese-gimnastiek-byeenkoms sal meeding.

Die 22-jarige Dina en Arina Averina van Rusland spog met 27 Wêreldkampioenskapmedaljes tussen hulle en tel onder die gunstelinge vir ’n plek op die podium in Tokio.

Die ritmiese gimnaste Dina en Arina Averina van Rusland. Foto: Getty Images

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.