Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Vat jul kondome huis toe, vra Spele-base

Die organiseerders van die Tokio-Spele beplan om sowat 150 000 kondome by volgende maand se sportskouspel uit te deel, maar vra atlete om dit nie in die Olimpiese dorp te gebruik nie omdat sosiale afstand en koronavirus-maatreëls topprioriteit geniet.

Groot hoeveelhede kondome word sedert die byeenkoms in 1988 in Seoel by die Spele uitgereik om ’n bewustheid oor MIV en vigs te skep. Volgens die Tokio-organiseerders het die Internasionale Olimpiese Komitee gevra dat dié gebruik vanjaar voortgesit word.

Maar atlete word beveel om hul afstand van mekaar te hou en dit beteken minder geleenthede om te meng.

“Die verspreiding van kondome is nie vir gebruik in die atletedorp nie, maar sodat atlete dit kan saamvat huis toe om in hul eie land bewustheid oor MIV en vigs te skep,” sê die organiseerders.

Spele-atlete word versoek om eerder hul kondome te gebruik om in hul eie land bewustheid oor MIV en vigs te skep. Foto: Getty Images

Beamptes het reeds oorsese toeskouers verbied en doen ’n beroep op diegene wat die Spele bywoon om hul ondersteuning te wys deur hande te klap eerder as om te juig of sing. Dit is ’n poging om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.

Etes is nog ’n kwessie wat opgelos moet word. Die organiseerders het aanvanklik beplan om inwoners van die atletedorp te onthaal in groot eetsale – die grootste hiervan het ’n kapasiteit van 4 500 sitplekke.

Maar nou gaan die organiseerders atlete versoek om op hul eie te eet, sosiale afstand te handhaaf en oppervlakke af te vee nadat hulle geëet het.

“Sonder die nodige maatreëls sal dit net een persoon neem om die virus in te bring en te versprei, veral in plekke soos die atletedorp,” sê Noboehiko Okabe, een van die medici wat Tokio 2020 oor sy koronavirusmaatreëls adviseer.

“Ons moet doen wat ons kan om ’n uitbreking te voorkom ons het die daadwerklike samewerking van al die atlete en afvaardigings nodig om dit te verseker.” – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Kondome  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.