Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Voormalige Olimpiese kampioen sterf
Bobby Morrow in Oktober 2006 by die Bobby Morrow-stadion in San Benito, Texas, waar hy vereer is. Foto: AP

Die Amerikaanse naelloper Bobby Morrow, wat drie goue medaljes by die Olimpiese Spele in 1956 in Melbourne gewen het, is Saterdag in die ouderdom van 84 jaar oorlede.

Morrow het die 100 m en 200 m gewen en was die anker in die 4x100 m-aflos, waarin die Amerikaanse span ’n nuwe wêreldrekord losgehardloop het.

Hy is een van vier mans wat dié drie nommers by ’n enkele Spele kon wen. Die ander drie was Jesse Owens, Carl Lewis en Usain Bolt.

Morrow is ook in 1956 as Sports Illustrated se Sportman van die Jaar aangewys. Hy het in sy atletiekloopbaan 11 wêreldrekords opgestel.

Volgens USA Today is Morrow aan natuurlike oorsake dood in sy huis in San Benito, Texas. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.