Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Vrouehokkie: Phume frustreer Nederlanders
Phume Mbande keer hier dat Maria Verschoor ’n doel vir Nederland aanteken. Foto: Getty Images

Ofskoon Nederland die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan Woensdag met 5-0 by die Olimpiese Spele geklop het, sal die wêreldkampioen bekommerd wees oor sy afronding met strafhoeke.

Nederland het altesaam 15 strafhoeke gehad, maar kon net twee keer welslae daarmee behaal.

Die Suid-Afrikaanse doelwagter, Phume Mbande, was op haar stukke en het haar 50ste wedstryd gevier met meestal uitstekende keerwerk.

Nederland het 61% balbesit gehad en ’n hele 28 doelpogings in die wedstryd gehad, wat wys hoe goed Mbande haar laat geld het.

Die telling sou heelwat hoër gewees het as dit nie was vir Mbande, een van Suid-Afrika se vlagdraers by die openingseremonie, nie.

Daar was nie enige doele in die eerste kwart nie.

Frederique Matla het met die aanvang van die tweede kwart die eerste doel van die wedstryd, wat ook die enigste van die eerste helfte was, aangeteken.

Die einste Matla het dit in die derde kwart, ná ’n strafhoek, 2-0 gemaak. Marloes Keetels was ook in dié kwart, ná nog ’n strafhoek, in die kol.

Felice Albers, met haar vierde doel in drie wedstryde, asook Maria Verschoor, het in die laaste kwart doele uit gebroke spel aangeteken.

Suid-Afrika is Vrydag terug op die baan in sy voorlaaste groepwedstryd teen Duitsland. Die Duitsers het die eindstryd van die onlangse Europese kampioenskap gehaal. Die Duitsers het ook hul eerste drie wedstryde in Tokio gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Sa Vrouehokkiespan  |  Hokkie  |  Nederland  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.