Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Brazier wil vergoed vir 2016-treurmare

Hoewel hy die wêreldkampioen in die 800 m is, sal die Amerikaner Donavan Brazier vandeesweek desperaat wees om in die aanloop tot die Olimpiese Spele in Tokio van ’n meulsteen om sy nek ontslae te raak.

Dié meulsteen is sy onvermoë om sy beste peil in die Amerikaanse Olimpiese uitdunne te bereik.

Donavan Brazier sal een van die gunstelinge in die 800 m op die Olimpiese Spele in Tokio wees. Foto: Getty Images

In 2016 het hy ’n uiters skokkende vertoning op sy land se Olimpiese proewe gelewer. Sy 19de plek het beteken dat hy nie naby aan die span vir die skouspel in Rio de Janeiro gekom het nie. Tog het hy drie jaar later, in Doha, stof in die oë van die wêreld se bestes op pad na sy goue medalje in die Wêreldkampioenskappe geskop.

’n Kaartjie na Tokio is nou sy groot mikpunt.

“Ek het ’n paar sake om reg te stel en ek wil dit hier in die uitdunne doen,” het hy Maandag gesê oor eerste skote wat Vrydag in die Olimpiese uitdunne gaan klap.

In die VSA word die span vir die Olimpiese Spele gekies op grond van die plek wat ’n atleet in dié uitdunne behaal.

Sou ’n wêreldkampioen, of selfs ’n wêreldrekordhouer, nie op dié dag presteer nie, sal hy outomaties sy plek in die span verloor – selfs al was hy deurlopend op die voorafgaande byeenkomste die beste atleet in sy nommer in die wêreld.

“Dinge was in 2016 geweldig anders as in 2019,” sê Brazier.

Dit voel asof ek destyds in baie opsigte nog ’n leek was wat baie dinge betref. Dit is in sommige opsigte ’n pluspunte en in ander ’n las.

Nadat hy in Augustus ’n tiende agtereenvolgende oorwinning op die Diamantliga-byeenkoms in Monaco behaal het, word hy as die gunsteling beskou om die titel in Tokio te verower. Baie van sy landgenote het toe besluit om as gevolg van die chaotiese kompetisieprogram weens die Covid-19-pandemie by die huis te bly.

Volgens hom het die atlete gesukkel om ’n doelwit te vind en dit het daagliks moeiliker geraak om gemotiveerd te bly. Hulle het geoefen, maar het nie juis geweet waarvoor hulle oefen nie.

“My afrigter, Pete Julian, het gesien dat ons fiks genoeg is om deel te neem en wou nie tyd mors nie.”

Brazier het Julian, wat ’n voormalige hulpafrigter van Nike se omstrede Oregon Project was, geloof vir die omgewing wat hy geskep het, wat hom toegelaat het om deurlopend te presteer.

“Eers toe ek uiteindelik ’n groep gekry het en met meer struktuur omring was, kon ek ’n indruk kry van waar ek nou is in vergelyking met toe ek op universiteit was en die vordering wat ek sedertdien gemaak het.” – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.