Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Wie betaal vir Spele se uitstel?

Om te besluit wie die koste van die uitstel van die Olimpiese Spele moet dra, is ’n groot uitdaging.

So sê Yoshiro Mori, president van die Olimpiese reëlingskomitee, volgens die webblad Inside the Games.

Yoshiro Mori. Foto: AP

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en die Japannese organiseerders het verlede week die Spele tot volgende jaar uitgestel.

Japan het in die aanloop tot die Spele reeds $12 miljard daaraan bestee en Thomas Bach, IOK-president, waarsku dié bedrag sal verder styg.

“Die ekstra koste wat sal ontstaan weens die uitstel van die byeenkoms is onafwendbaar,” skryf Mori in ’n brief aan die 33 internasionale sportfederasies wat die Spele-program uitmaak.

“ ’n Besluit oor wie die koste moet dra en hoe dit gedoen moet word, is ’n reuse-uitdaging.”

Mori is egter vasbeslote dat die Spele en die Paralimpiese Spele wel sal plaasvind “om te wys die mensdom triomfeer oor die koronavirus”.

Die reëlingskomitee het ’n taakspan aangestel om kwessies op te los wat verband hou met die uitstel, soos nuwe datums vir die sportskouspel en die bespreking van venues.

* Wêreldatletiek het intussen gesê hy hoop om vanaf Augustus ’n reeks byeenkomste aan te bied sodat atlete so gou moontlik weer kan deelneem om kwalifiserende tye en afstande te probeer bepaal.

Die TV-stasie NHK het intussen berig aanstaande jaar se Spele sal waarskynlik op 23 Julie begin en op 8 Augustus klaarmaak – ’n dag vroeër as vanjaar se datums. – Reuters

Meer oor:  Tokio  |  Japan  |  Iok  |  Olimpiese Spele  |  Tokio Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.