Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Windstil Tokio slegte nuus vir seilvaarders
Deelnemers aan die Olimpiese seilwedvaart werskaf in die hawe op ’n dag wat geen kompetisie vanweë windstil-toestande moontlik was nie. Foto: Reuters

Nadat die Olimpiese seilkompetisie in Tokio vroeër by die Spele deur stormweer ontwrig is, moes Maandag se wedvaarte almal weens ’n gebrek aan wind gekanselleer word.

Die twee openingswedvaarte in die mans en vroue se 470-klas, asook die medaljewedvaarte in die 49er-klas vir albei geslagte was veronderstel om Maandag plaas te vind.

Maar met die weervoorspelling wat daarop gedui het dat die wind Maandag nooit sterker as vier tot ses knope sou waai nie, het die organiseerders besluit om die kompetisie eers weer Dinsdag te hervat.

Volgens die sport se internasionale beheerliggaam, Wêreldseilvaart, moet die windspoed minstens ses knope (11,1 km/h) wees om te verseker dat regverdige wedvaarte kan plaasvind. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.