SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Winterspele: Wie gaan dit wees?

Die stede van Calgary in Kanada en Stockholm in Swede, asook ’n Italiaanse bod wat Cortina D’Ampezzo en Milaan gesamentlik insluit, het Dinsdag amptelike kandidate geword vir 2026 se Winterspele.

Juan Antonio Samaranch / Foto: Getty Images

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het dié drie bekragtig nadat sy uitvoerende raad verlede week die drie kandidate vir die Olimpiese Spele oor agt jaar aanbeveel het. Turkye se Erzurum is afgekeur.

Die drie bodstede is die laaste van die aanvanklike sewe kandidate, met die Switserse stad Sion, Japan se Sapporo en Graz in Oostenryk wat hulle die laaste paar maande onttrek het weens die hoë koste daaraan verbonde, asook plaaslike teenkanting.

Die volgende paar maande gaan belangrik wees vir die drie kandidate, met Calgary wat aangedui het daar gaan op 13 November ’n niebindende volkstemming oor die Spele gehou word.

Verskeie stede wat in die verlede gebie het om die Spele aan te bied is al in ’n referendum afgekeur, insluitend stede in Duitsland en Switserland, tuiste van die IOK.

“Calgary werk hard, het gesprekke met die gemeenskap en ons hou ons daaruit,” sê Juan Antonio Samaranch, wat die IOK se evaluering doen.

“Ons gaan voort om so ondersteunend moontlik vir dié belangrike mylpaal te wees. Maar dit is vir die mense van Calgary om daardie besluit te neem.”

Italië het twee keer gebie met Rome vir 2020 en 2024 se Somerspele voordat hulle halfpad kop uitgetrek het. Die bod vir 2026 geniet nog nie die volle steun van die regering nie. Dit het aanvanklik ook Torino ingesluit, wat onttrek het weens geskille oor die projek.

Stockholm kan plaaslike teenkanting verwag, nes die geval was toe hulle vir ’n wyle ’n bod ingesit het vir 2022 se Spele, voordat hulle weens druk onttrek het. Die Sweedse bod moet ook nog die steun van die land se voorste politieke partye kry.

Die IOK sal die gasheerstad volgende jaar in Junie in Lausanne, Switserland, aanwys.

– Reuters

Meer oor:  Iok  |  Winterspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.