Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Zverev maak geskiedenis vir Duitsers
Alexander Zverev nadat hy sy grootste tennistitel nóg gewen het. Foto: Getty Images

Alexander Zverev het in sy Olimpiese buiging die eerste Duitse manstennisspeler geword wat met die goue medalje in die enkelspel-afdeling kan spog.

Die vierde gekeurde Zverev het die Rus Karen Khachanov Sondag in net 79 minute met 6-3, 6-1 in die eindstryd ore aangesit.

Khachanov het al vier sy beroepstitels op harde bane gewen, maar het nie ’n kans gestaan Sondag nie.

Die 24-jarige Zverev het twee keer deurgebreek op Khachanov se afslaan in die eerste stel waarna hy die Rus in die tweede behoorlik gestoomroller het.

Dit was ’n bykans foutlose vertoning deur die Duitser, wat vyfde op die wêreldranglys is.

Khachanov, bekend vir sy kragtige houespel, het nie antwoorde gehad op Zverev se afslane en terughoue nie.

Sascha, soos Zverev bekend staan, het aan die einde op sy knieë gaan hurk nadat hy die grootste titel van sy loopbaan gewen het.

“Ek het al die ATP-jaareindtoernooi (2018) gewen, maar dis ongelooflik om ’n goue medalje by die Spele te wen, omdat jy ook vir jou land speel,” het Zverev gesê.

Ek het al die ATP-jaareindtoernooi (2018) gewen, maar dis ongelooflik om ’n goue medalje by die Spele te wen, omdat jy ook vir jou land speel.
Alexander Zverev

“Dis ’n ongelooflike gevoel, daar is niks beter as dit nie.”

Zverev het in verlede jaar se Amerikaanse Ope naby daaraan gekom om sy eerste Grand Slam-titel te wen, maar het toe teen Oostenryk se Dominic Thiem in die eindstryd verloor.

Hy sal ná dese oorgehaal wees om sake oor minder as maand in New York reg te stel.

Zverev wou nie dinge vooruitloop nie.

“Ek wil nie op die oomblik daaroor praat nie, want ek het pas die Olimpiese Spele gewen. Ek wil dié een vir twee minute geniet.”

Steffi Graf van Duitsland met haar goue medalje nadat sy Gabriela Sabatini van Argentinië in die eindstryd van die Spele in 1988 in Seoel, Suid-Korea, geklop het. Foto: Getty Images

Tommy Haas, in 2002 in Sydney, was die laaste Duitse man in die eindstryd by die Spele.

Steffi Graf was in 1988 laas die laaste Duitse tennisspeler om ’n goue medalje in die enkelspel te wen.

Boris Becker en Michael Stich het ook goud in 1992 in die dubbelspel-afdeling gewen.

Zverev het in sy opmars net een stel in die toernooi, in sy halfeindstryd teen Novak Djokovic, verloor.

Spanje se Pablo Carreno Busta het vroeër die bronsmedalje gewen deur ook met Djokovic af te reken.

Dit het beteken dat die Serwiër nou in drie agtereenvolgende Spele met leë hande weggestap het. – Sportredaksie, Reuters, theguardian.com

Spele-program

Spele-uitslae

Spele-medaljelys

Meer oor:  Karen Khachanov  |  Alexander Zverev  |  Tokio  |  Duitsland  |  Japan  |  Eindstryd  |  Mans-Enkelspel  |  Olimpiese Spele  |  Geskiedenis  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.