Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
1ste vrou dien in rugbyliggaam se direksie

MyPlayers, die liggaam wat na Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspelers se kommersiële belange omsien, het vir die eerste keer ’n vrou as een van sy nie-uitvoerende direkteurs aangestel.

Zenay Jordaan gaan nie net haar deel op die rugbyveld doen nie, maar ook in die raadsaal. Foto: Gallo Images

Dié eer het Zenay Jordaan, ’n Springbok-sewesspeler, te beurt geval.

“Ons verwelkom die aanstelling van Zenay. Sy is sedert 2014 al ’n uitvoerende komiteelid van die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging, ’n afdeling van MyPlayers,” sê Eugene Henning, uitvoerende hoof van MyPlayers.

“Sy tree ook op as ’n spelerverteenwoordiger in die vroue-sewesspan en dien as ’n skakel tussen ons en die spelers. Zenay se bydrae is van onskatbare waarde. Ons sien uit daarna om saam met haar te werk.”

Jordaan het Woensdag in Johannesburg haar eerste direksie-vergadering bygewoon.

“Ek voel baie geëerd om so ’n geleentheid te kry. Om as die eerste vrou in só ’n posisie aangestel te word, is ’n groot voorreg, maar dit kom ook met ’n reuse-verantwoordelikheid,” sê sy in ’n verklaring deur MyPlayers.

“Ek is baie opgewonde om nou saam met die spelersliggaam te werk aan die toekoms van die spel en om na die belange van die groep professionele rugbyspelers om te sien.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.