Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
2 All Blacks steun skool wat spelers ‘steel’

Die werf van spelers op skolevlak is in Nieu-Seeland, nes in Suid-Afrika, ’n warm patat en die jongste twis oor dié kwessie het ’n klomp All Blacks genoop om ook hul stuiwer in die armbeurs te gooi.

Die skool wat hom in die middelpunt van dié herrie bevind, is St. Kentigern (St. Kents) in Auckland. Hy het hom die wrewel van ander skole in die streek op die hals gehaal omdat hy aktief van hul beste spelers met rugbybeurse lok.

Jerome Kaino. Foto: Getty Images

Die ander skole voel dit bied hom ’n onregverdige voordeel en die topskole in Nieu-Seeland se Noord-eiland weier nou om teen St. Kents te speel vanweë sy “onetiese” werwingsprogram.

Jerome Kaino, voormalige All Black-losvoorspeler, het egter vir St. Kents in die bres getree.

Kaino het in die vroeë 2000’s van Papakura High School na Saint Kentigern College geskuif nadat hy ook ’n rugbybeurs gekry het en sê die skool het jong seuns met ’n geleentheid om hul potensiaal te verwesenlik, toegerus.

“Spelers soos ek, John Afoa, Joe Rokocoko (almal All Blacks) sou waarskynlik nooit bereik het wat ons bereik het sonder die geleentheid wat St. Kentigern College ons gebied het nie, en dieselfde geld ander jong spelers, wat geleenthede deur ander skole gegun is,” sê Kaino op Instagram.

Kaino is nie die enigste hoëprofielspeler wat tot die polemiek toegetree het nie. Rieko Ioane, All Black-vleuel wat vir Auckland Grammar gespeel het, steun ook vir St. Kents.

“Nou het ek alles gesien. Net omdat hulle werwing doen, beteken dit nie jy onttrek jou (aan die skoleliga) nie,” sê Ioane op Instagram.

“Moet jou nie aan die kompetisie onttrek nie, as jy die beste wil wees, klop jy die beste. St. Kents maak die mededinging vir eerste spanne moeiliker, maar dit maak dit ook soveel beter as jy hulle klop.”

Sowat vyf spelers van ander skole in St. Kents se liga is gewerf om in 2019 vir hom te speel.

“Hulle bou nie van meet af aan nie, maar van jaar nege tot 11. Hulle gaan vir die supersterre en dit veroorsaak hoofbrekens,” het Napier Boys se hoof, Matthew Bertram, aan The New Zealand Herald gesê nadat hul skrumskakel deur St. Kents gebuit is. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.