Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
2 jong Bok-sterre sweer trou aan Bulle

Dit is amptelik: Warrick Gelant en Embrose Papier bly Bulle.

Warrick Gelant. Foto: Gallo Images

Daar is die afgelope ruk druk bespiegel dat dié belowende Springbokke aanbiedinge uit die Kaap gekry het.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het Woensdag bevestig dat Gelant en Papier hul kontrakte verleng het.

Papier, wat vroeër die seisoen ’n Springbok geword het, sal tot 2021 by dié unie aanbly, terwyl Gelant tot minstens 2020 sy rugby in Pretoria sal speel.

In die lig van die onsekerheid wat daar by die Bulle is oor die toekoms van John Mitchell, die franchise se hoof van rugby en hoofafrigter in die Superreeks, word Gelant en Papier se voortgesette verbintenis as ’n groot deurbraak by Loftus Versfeld beskou.

“Ons is baie gelukkig dat hulle besluit het om hul kontrakte te verleng. Dit is gepas dat hulle by ons Springbokke geword het en dat hulle Bulle bly,” sê Xander Janse van Rensburg, die BBM se hoëprestasiebestuurder.

“Almal weet hoe belangrik dit is om spelers met internasionale ervaring in jou spelerskorps te hê en dit sal help met ons doelwit om ’n groep te bou waarmee ons weer die Superrugby-kompetisie kan wen.”

Hy meen dit weerspieël wat by Loftus Versfeld aan die gebeur is wanneer sterre soos Gelant en Papier ’n toekoms sien by dié unie.

Embrose Papier. Foto: Gallo Images

Gelant sê hy is vas oortuig dit was die regte besluit om nie ’n Stormer te word nie.

“Dit is ’n opwindende tyd om deel van die span te wees. Daar is iets spesiaal aan die gebeur by Loftus en ek sien daarna uit om deel daarvan te wees.”

Ook die vaskopstut Conraad van Vuuren en die veelsydige agterspeler Johnny Kotze het albei hul kontrakte tot 2020 verleng.

Die BBM het reeds in Mei bekend gemaak dat die senter Burger Odendaal, wat die span in die Superreeks gelei het, sy kontrak tot 2020 hernieu het.

Die jong Springbok-slotte RG Snyman en Jason Jenkins het besluit om tot 2019 in die Bul-kraal te bly.

So ook die nuwe Bok-flank Marco van Staden.

Die BBM het bevestig dat die veelsydige agterspeler Ulrich Beyers vrygestel is om by die Southern Kings aan te sluit, terwyl Abongile Nonkontwana, wat ewe tuis is op slot en flank, aan die Cheetahs geleen word.

Meer oor:  Warrick Gelant  |  Bulle  |  Kontrakte  |  Embrose Papier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.