Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
2 Junior Bokke vertrek dalk ook oorsee

Dis lankal nie meer net die ouer spelers wat aan die einde van hul loopbane vir pensioengeld oorsee gaan speel nie.

Jacques Vermeulen en Eli Snyman, twee voormalige Junior Bokke wat die naweek in hul Superfranchises se beginspanne was, het oorsese belangstelling ontlok wat dit vir hulle moeilik sal maak om te bly.

Eli Snyman

Die Engelse klubspan Exeter Chiefs wil hul losvoorspelers met die 24-jarige Vermeulen versterk.

Die oudleerling van Paarl Gimnasium het hom in 2017 by die Haaie aangesluit, nadat hy die Westelike Provinsie van o.13- tot Curriebekervlak verteenwoordig het.

Hy was nie net ’n goeie rugbyspeler op skool wat vir die SA skolespan gespeel het nie, maar was net so ’n talentvolle krieketspeler voordat hy tussen die twee sportsoorte moes kies.

Sy hoë werkverrigting is een van sy sterkpunte en ’n rede waarom Exeter Chiefs na hom kyk.

Die 23-jarige Snyman is op pad na die Italiaanse klubspan Treviso.

Die boorling van Harare beweeg grootliks in Lood de Jager, RG Snyman en Jason Jen­kins se skaduwee op Loftus Versfeld.

Hy leer baie onder hulle, maar by Treviso sal die voormalige Junior Bok ’n eerstekeuse-speler wees.

Treviso het hom onder meer gekontrakteer met die doel om diepte en vuur te verskaf, terwyl van hul spelers Italië in die Sesnasies verteenwoordig.

Snyman, wat Tuks in die Varsitybeker verteenwoordig het, was in 2014 Zimbabwe se onderkaptein tydens die Cravenweek vir hoërskole wat in Middelburg plaasgevind het.

Hy het in 2016 besluit om hom eerder vir die Junior Bokke as Zimbabwe se jong span verkiesbaar te stel.

  • Die Engelse klubspan Wasps kleef intussen vas om Dillyn Leyds te kontrakteer.
Meer oor:  Rugbyspelers  |  Oorsee  |  Kontrakte  |  Junior Springbokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.