Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
2 Superrugby-spelers op bank vir OP-Kings
Stefan Willemse is op slot gekies vir die OP-Kings se wedstryd teen die Westelike Provinsie.Foto: Werner Hills

Die OP-Kings se afrigter, Rob Kempson, het vir ’n ligte verrassing gesorg deur twee spelers van die Southern Kings net op die plaasvervangersbank vir die OP-Kings te kies.

Die OP-Kings pak die Westelike Provinsie Sondag in hul eerste wedstryd in die nuwe SuperSport-uitdaagreeks in die Wolfson-stadion net buite Port Elizabeth.

Sintu Manjezi en Christiaan de Bruin van die Southern Kings kon nie die beginspan haal nie.

’n Mens moet dalk nie te veel daarin lees nie; miskien het Kempson die een of ander plan met hulle as impakspelers.

Die dinamiese Lusanda Badiyana is bo De Bruin op agtsteman gekies.

Kempson het ook besluit om Stefan Willemse, wat vir die Southern Kings flank speel, eerder op slot te kies.

Willemse is Giant Mtyanda, wat ook die kaptein is, se slotmaat.

Dit het beteken daar is nie plek as slot in die beginspan vir die belowende Manjezi nie.

Neil Maritz, wat lank met harsingskudding gesukkel het, kry ook eindelik speelkans.

Hy sal saam met Siyanda Grey die senterpaar vorm.

OP-Kings: Chrysander Botha, Alshaun Bock, Siyanda Grey, Neil Maritz, Jixie Molapo, Garrick Mattheus, Stefan Ungerer, Lusanda Badiyana, Thembelani Bholi, Bakkies Brown, Giant Mtyanda (k), Stefan Willemse, Johan van Wyk, Tango Balekile, Dewald Barnard. PLAASVERVANGERS: JP Jameson, Roche van Zyl, Sintu Manjezi, Christiaan de Bruin, Roche Nel, Simon Bolze, Keanu Vers.

Meer oor:  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.