Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
2 top-Bokke se Japannese spanne verloor
Willie le Roux jaag die bal in Saterdag se wedstryd in die Hanazono-stadion in Osaka tussen Toyota Verblitz en die Panasonic Wild Knights. Foto: Getty Images

Die Springbokke Malcolm Marx en Willie le Roux se Japannese rugbyseisoen het die afgelope naweek tot ’n einde gekom toe hul onderskeie spanne in die halfeindronde van dié land se Topliga uitgeskakel is.

Le Roux se span, Toyota Verblitz, is Saterdag met 48-21 deur die Panasonic Wild Knights verslaan. Dit was ook die voormalige All Black-kaptein Kieran Read se laaste rugbywedstryd, aangesien hy daarna sy uittrede aangekondig het.

In die ander halfeindstryd Sondag het Suntory Sungoliath Marx se span, die Kubota Spears, met 26-9 getroef.

Die kragmeting is oorheers deur die briljante All Black-losskakel Beauden Barrett, wat 21 punte vir die wenspan aangeteken het.

Le Roux en Marx sal straks in die Bok-groep wees wat gekies gaan word om die Britse en Ierse Leeus in Julie en Augustus in drie toetse die stryd aan te sê.

Daar sal na verwagting net twee Suid-Afrikaanse spelers in die eindstryd dié naweek in Tokio betrokke wees.

Die All Black Beauden Barrett het volgens alle verslae vir Suntory Sungoliath ’n briljante vertoning teen die Kubota Spears gelewer. Foto: Getty Images

Die voormalige Leeu-senter Harold Vorster is lid van die Wild Knights se groep en die gewese Stormer-losskakel Joshua Stander is deur Suntory Sungoliath gekontrakteer.

Vorster sal eersdaags sy loopbaan by die Bulle voortsit.

Een van die Knights se groot staatmakers, die senter Hadleigh Parkes, het darem ook Suid-Afrikaanse bande.

Parkes, ’n gebore Nieu-Seelander, het in 2013 vir die Southern Kings gespeel voordat hy later in 29 toetse vir Wallis in aksie was. – Kyodo News

Meer oor:  Topliga  |  Toyota Verblitz  |  Japan  |  Malcolm Marx  |  Willie Le Roux  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.