Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
3 van Haaie toets positief vir koronavirus

Nadat die koronavirus reeds by die Cheetahs, Leeus en Westelike Provinsie kop uitgesteek het, het dit nou ook by Kingspark gaan draai.

Eduard Coetzee, die Haaie se uitvoerende hoof, het Dinsdag aan Netwerk24 bevestig drie spelers van dié unie is positief getoets vir die koronavirus.

Eduard Coetzee, die uitvoerende hoof van die Haaie. Foto: Gallo Images

“Ons het drie positiewe gevalle uit meer as 80 toetse wat onder spelers en personeellede gedoen is,” sê Coetzee.

“Die drie positiewe gevalle is almal onder spelers buite ons Superrugby-groep. Die juniors (wat positief getoets is) het geen simptome nie en is onder kwarantyn geplaas.”

Die name van die spelers is nie bekend gemaak nie.

Die getal beroepsrugbyspelers in Suid-Afrika wat tot dusver positief getoets is en bekend gemaak is, skuif dus nou op na sewe.

Rapport het op 5 Julie berig die Cheetahs se flank-aanwins van die Haaie, Andisa Ntsila, was die eerste beroepsrugbyspeler in Suid-Afrika om positief vir die virus te toets.

By die Leeus is een speler en een lid van die bestuurspan positief getoets. Daar word verneem nog twee personeellede van die Leeus is ook positief getoets, maar ’n woordvoerder van die unie wou nie Maandag daarop kommentaar lewer nie.

Die WP het Maandag aangekondig dat 120 toetse twee positiewe gevalle by dié unie opgelewer het. Die spelers se name is nie bekend gemaak nie.

Een van hulle is in die Stormers se Superrugby-groep, maar het nog nie sy buiging gemaak nie en die ander speler is in die o.21-groep. Hulle is albei asimptomaties.

Coetzee het verlede week aan Netwerk24 gesê elke unie moet self die koste vir die PCR-toets vir die koronavirus dra. 

Die koste vir een ronde van dié toetse beloop volgens Coetzee R60 000.

Hy het ook gesê al die Covid-19-protokolle wat by dié unie gevolg word, is dieselfde as dít van die sokkerklub AmaZulu, wat Kingspark as oefenbasis gebruik. Die minister van sport, Nathi Mthethwa, het reeds aan sokker die groen lig gegee om tot die oefen- en speelveld terug te keer.

Die rugbybedryf wag nog op Mthethwa vir goedkeuring om tot die oefenveld terug te keer. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het reeds vroeg in Junie sy protokolvoorstelle, soos verlang, aan die departement voorgelê.

Meer oor:  Koronavirus  |  Haaie  |  Superrugby  |  Covid-19  |  Eduard Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.