Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
4 by Griekwas aanvaar pakkette

Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes Rugbyunie (GWRU), sal aanbly in sy pos, ten spyte daarvan dat ’n skeidingspakket in November vir hom aangebied is.

Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes Rugbyunie. Foto: Argief

Die GWRU het verlede maand aangekondig dat hy vrywillige skeidingspakkette aan 14 personeellede aangebied het.

Die besluit – is toe gesê – is geneem weens ekonomiese en strukturele kwessies.

Nou het die unie aangekondig dat vier personeellede pakkette aanvaar het en die GWRU se diens aan die einde van Desember sal verlaat.

Een van hulle is Riaan Vorster wat ook ’n uitvoerende hoof was, maar in beheer van skole, klubs, skeidsregters en ontwikkeling.

Van Rooyen het vantevore die leisels geneem van die kommersiële kant van sake.

Vorster het in 2015 die uitvoerende hoof geword toe Van Rooyen die unie se diens verlaat het.

Van Rooyen is egter in April 2018 in sy pos heraangestel, waarna die unie se struktuur verander is om albei as uitvoerende hoofde te huisves.

In die unie se nuwe struktuur sal Van Rooyen die enigste uitvoerende hoof wees en is hy verantwoordelik vir die oorhoofse beheer van alle sake by die unie.

Die unie se twee ontwikkelingsbeamptes, Alvero Baartman en Jaco Bezuidenhout, het ook skeidingspakkette aanvaar. Dié twee poste is ook tot niet.

Jannie Louw, president van die Griekwaland-Wes Rugbyunie. Foto: Argief

Die ontvangsdame, Natasha du Plooy, het ook besluit om ’n pakket te aanvaar.

Volgens ’n verklaring van die GWRU sal onderhandelinge in Januarie hervat word oor die pos van finansiële beampte.

Gerrie Cloete, wat dié pos beklee, is tans met siekteverlof. Nog ’n pos wat in die afsienbare toekoms afgeskaf gaan word, is dié van stadionbestuurder.

Daan Slabbert is tans in die pos en gaan aan die einde van 2020 met pensioen, wanneer dié pos geskrap gaan word.

Jannie Louw, president van die GWRU, het by navraag gesê hulle is tevrede dat die nuwe struktuur die strategie van die unie vorentoe ondersteun.

“Daar was eenstemmigheid onder die unie, Sareo (die Suid-Afrikaanse Rugbywerkgewersorganisasie) en Piet Heymans-hulle (uitvoerende hoof van die werknemersvakbond Sport Employees Unite) oor hoe die struktuur vorentoe moet lyk,” sê Louw.

Meer oor:  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.