Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
4 Franse blasers in aksie by WB-toernooi

Asof die Springbokke se groep in vanjaar se Wêreldbeker nie genoeg eise aan die span sal stel nie, is ’n oormag Franse skeidsregters ook nog hul voorland.

Jaco Peyper

Rapport se inligting is dat Wêreldrugby die week met die bekendmaking van die 12 skeidsregters vir die toernooi vier Franse name sal uitlees, met net een Suid-Afrikaanse blaser onder die dosyn uitverkorenes.

Vier Fransmanne en twee Nieu-Seelanders sal as fluitjieblasers Japan toe gaan.

Jaco Peyper, wat die naweek in sy 100ste Superrugbywedstryd geblaas het, is die enigste plaaslike skeidsregter wat by die Wêreldbeker sal optree.

Vir Rasta Rasivhenge en Marius van der Westhuizen nie is die nuus minder goed met nie een van die twee wat die paal haal nie.

Marius Jonker, oud-skeidsregter wat deesdae as ’n TV-skeidsregter optree, sal een van Wêreldrugby se vier TV-skeidsregters in Japan wees. Die nuus van die aanstellings is die week telefonies aan die skeidsregters oorgedra.

Jérôme Garcès, Romain Poite, Pascal Gaüzère en Mathieu Raynal sal die vier Fransmanne wees wat by die toernooi blaas, terwyl die ervare Nigel Owens, Wayne Barnes en Peyper ook weer sal blaas.

Twee Nieu-Seelanders, Paul Williams en Ben O’Keeffe, en Australië se Nic Berry en Angus Gardner is ook vir die Wêreldbekertoernooi gekeur.

Engeland se Luke Pearce is die 12de naam op die lys. 

Meer oor:  Springbokke  |  Wêreldrugby  |  Wêreldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.