Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
4 spanne jag een Varsity-plek om te oorleef

Een plek is beskikbaar in die halfeindronde, en vier spanne veg daarvoor.

Hawies Fourie, afrigter van Maties. Foto: Danie Keet

Só staan sake voordat die laaste wedstryde in die Varsitybeker-reeks môre beslis word.

Eerste aan die beurt in die studente-kompetisie is die Ikeys en die Ixias wat mekaar op eersgenoemde se tuisveld pak vir die laaste plek.

Die wenner van die stryd sal vir ’n wyle die vierde plek op die puntelys beklee. Maar hulle sal dan op gunste van ander spanne moet staatmaak om daar te kan bly.

Die Ikeys het net hulself te blameer vir die posisie waarin hulle is nadat hulle verlede week so byna ’n sege oor die Universiteit van Pretoria behaal het, maar in die doodsnikke die kans verbrou het.

Die Ixias het op hul beurt ’n drag slae by die NWU-Pukke gekry en albei spanne sal wil vergoed vir die bloutjies wat hulle geloop het.

In Johannesburg is daar ’n maak-of-breek-wedstryd vir die Shimlas teen UJ.

Die Shimlas se taak is doodeenvoudig: Wen die wedstryd en verseker die vierde plek op die puntelys, maak nie saak wat in die ander wedstryde gebeur nie.

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het ’n eerste ontmoeting in die kompetisie met die Maties, sy buurman van Stellenbosch.

Hawies Fourie, afrigter van die Maroen Masjien, kan ook dié stryd gebruik vir ’n laaste paar proefnemings met spelers voor die halfeind, terwyl van sy staatmakers straks ook ’n ruskans kan kry voor die uitspeelwedstryde.

Die Pukke sal tevrede moet wees met die derde plek op die puntelys en ’n weg-halfeindstryd, met nie veel meer as eer oor om voor te speel nie in sy wedstryd teen Wits.

Wits kan nog by die agterdeur van die halfeind inglip met ’n sege oor die Pukke, maar dit sal ook afhang van wat die Shimlas se uitslag is.

Die Johannesburgers sal dus hoop hul buurman, UJ, doen hulle ’n guns deur die Vrystaters te klop. Gebeur dit en die Witsies behaal ’n onwaarskynlike bonuspunt-sege oor die Pukke, sal hulle die Ixias, Ikeys en Shimlas om daardie vierde plek op die puntelys klop.

Die bepalings is: Ikeys t. Ixias (16:45, regstreeks op SS 1); UJ t. Shimlas (18:30); Maties t. UWK (18:30); Pukke t. Wits (19:00, regstreeks op SS 1).

Meer oor:  Shimlas  |  Varsitybeker  |  Pukke  |  Wits  |  Maties  |  Tuks  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.