Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
5 oud-Greys skitter op rugbyveld
Die oudleerlinge van Grey-kollege Sondag in die gewaad van die Franse rugbyklub Montpellier is van links Jan Serfontein, Ruan Pienaar, Frans Steyn, Bismarck du Plessis en Jannie du Plessis. Foto: Twitter

Vyf gewese leerlinge van dieselfde skool wat almal al vir die Springbokke uitgedraf het, het Sondagaand in Frankryk in ’n sege oor die verdedigende kampioen van die Franse Top-14-liga gedeel.

Montpellier het Clermont, verlede jaar se kampioen in dié liga, met 30-29 geklop danksy ’n doelskop deur Ruan Pienaar in die laaste minuut. Pienaar het 15 punte met die skoen bygedra. Montpellier het daarmee sy plek aan die bopunt van die puntelys ingeneem.

Saam met Pienaar in die wenspan was vier ander gewese leerlinge van Grey-kollege in Bloemfontein waarvan twee pare toevallig in posisies langs mekaar gespeel het.

Die broers Bismarck (haker) en Jannie du Plessis (vasskop) het langs mekaar in die skrum gesak en Jan Serfontein (binnesenter) en Frans Steyn (buitesenter) het in die middelveld stelling ingeneem. Almal het voorheen vir die Springbokke gespeel, maar nooit saam in ’n toets nie.

Pienaar en Bismarck het saam vir Grey se eerstespan uitgedraf. Nóg ’n oudleerling van dié skool, Henry Immelman is by die klub gekontrakteer.

Hulle is trouens ses van 11 Afrikaanssprekendes wat tans vir Montpellier speel.

Hulle is trouens ses van 11 Afrikaanssprekendes wat tans vir Montpellier speel. Die ander is Jacques du Plessis, Paul Willemse, Nico Janse van Rensburg, Johannes Jonker en Wiaan Liebenberg.

“Wie sou kon dink ’n paar ouens van die Vrystaat sal weer saam vir Montpellier speel. Wonderlike oorwinning oor ’n sterk Clermont-span!!!! Nou op pad plaas toe vir ’n ruskans,” het Steyn saam met ’n foto van die oud-Greys getwiet.

Die span is eers weer op 17 Februarie in aksie.

Montpellier het in 2017 onder die breierskap van Jake White in die kwarteindronde van die Top14 uitgeval.

  • Grey het verlede jaar ’n ooreenkoms van vyf jaar met Montpellier gesluit danksy ’n anonieme skenker, wat ’n noue verbintenis met die klub het.

Ingevolge die ooreenkoms sal Grey se rugbyafrigters toegang tot die intellektuele kapitaal van afrigtingsmetodes van dié Franse klub hê. Dit behels ook ’n uitruilooreenkoms vir rugbyafrigters.

’n Franse onderwyser is ook danksy die weldoener by die skool aangestel om Frans as ’n vak aan te bied.

Meer oor:  Jan Serfontein  |  Frans Steyn  |  Jannie Du Plessis  |  Clermont  |  Ruan Pienaar  |  Montpellier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.