Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
8 Hane kry trekpas ná gefuif

Jacques Brunel, hoofafrigter van die Franse rugbyspan, het agt spelers die trekpas gegee voor die span se volgende Sesnasies-rugbystryd teen Italië.

Teddy Thomas. Foto: Getty Images

Alexandre Lapandry, Arthur Iturria, Anthony Belleau, Félix Lambey, Jonathan Danty, Rémi Lamerat, Louis Picamoles en Teddy Thomas se naam het nie Dinsdag verskyn in die Hane se groep vir die stryd teen die Azzurri op 23 Februarie in Marseille, Frankryk, nie.

Dié spelers, wat nie by die naam genoem is in die Franse Rugbyfederasie (FFR) se verklaring nie, is gestraf weens hul swak gedrag in Edinburg ná Sondag se nederlaag teen Skotland.

Daar is Maandag berig dat die Skotse polisie etlike spelers ondervra het oor ’n beweerde voorval van seksuele aanranding in die vroeë oggendure ná die stryd op Murrayfield. Geen bewyse kon egter gevind word dat ’n misdaad gepleeg is nie.

“Jacques Brunel het besluit om die spelers weg te laat wat ná die nederlaag teen Skotland gaan kuier het. Hulle het met hul wangedrag gewys dat hulle nie hul pligte as internasionale spelers respekteer nie,” het die FFR luidens ’n verklaring gesê.

Die verlies van die vleuel Thomas sal veral ’n gevoelige slag vir die Franse span wees, aangesien hy sy span se voorste driedrukker in vanjaar se kompetisie is.

Thomas het twee keer in ’n opwindende, wipplank-wedstryd teen die Skotte gaan druk.

Frankryk is nog op soek na sy eerste oorwinning in vanjaar se kompetisie, nadat hy met 13-15 teen Ierland verloor het en Skotland hom met 32-26 getroef het. – Reuters

Meer oor:  Jacques Brunel  |  Frankryk  |  Hane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.