Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
9 Bokke in Baabaas-groep vir Saterdag

Nog Springbokke is tot die Barbarians se groep gevoeg wat die maand in drie wedstryde sal speel.

Net verlede week is aangekondig dat die Wêreldbeker-wenners Tendai Mtawarira, Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi en Herschel Jantjies in die Barbarians se groep ingesluit is terwyl hulle voorberei vir hul wedstryd Saterdag teen Fidji op Twickenham.

André Esterhuizen op die aanval teen Argentinië tydens die Springbokke se laaste tuistoets voordat hulle na Japan vertrek het. Foto: Gallo Images

Jantjies het hom egter ná die aankondiging aan die groep onttrek.

Netwerk24 het vroeër berig dat bronne naby aan Jantjies gesê het dat dié buksie hom graag op sy verantwoordelikhede by die Bokke wil toespits en sal daarom nie vir die uitnodigingspan beskikbaar wees nie.

Die Barbarians het egter aangekondig dat die losskakel en heelagter Curwin Bosch, sowel as sy Haaie-spanmaat en senter André Esterhuizen, die vleuel Dillyn Leyds en die woelige losvoorspeler Marco van Staden hulle ook by die groep sal aansluit.

Hulle was ook in 2019 deel van die Springbokke se groep.

Hulle sal hulself aansluit by die voormalige Bokke Morné Steyn en Jano Vermaak.

Dan sal Josh Strauss, wat ook ’n gebore Suid-Afrikaner is, en Hencus van Wyk, wat vir die Sunwolves op stut in die Superrugbyreeks uitgedraf het, ook die Baabaas-trui oor hul kop trek.

Die span sal ná afloop van hul kragmeting teen Fidji op 20 November teen Brasilië in São Paolo uitdraf, waarna hulle die toer teen Wallis in Cardiff op 30 November sal afsluit.

Die Barbarians se groep is:

Voorspelers: Tendai Mtawarira, Rory Best, Enrique Pieretto, Luke Jones, Matt Philip, Pete Samu, Marco van Staden, Josh Strauss, Andrew Makalio, Campese Maafu, Hencus van Wyk, Tyler Ardron, Angus Cottrell.

Agterspelers: Makazole Mapimpi, Mathieu Bastareaud, Lukhanyo Am, Jano Vermaak, David Havili, Morné Steyn, Santiago Iglesias, Curwin Bosch, Billy Meakes, Bautista Ezcurra, André Esterhuizen, Joe Powell, Dillyn Leyds. – Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Barbarians  |  Baabaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.