Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Beseringspook in Stormers-kamp
Grond toe. Die Stormers se Frans Malherbe word deur Chris Alcock van die Force geloop in hul kragmeting in Perth. Foto: Paul Kane | Getty Images

Die Stormers sal waarskynlik vir die res van hul Superrugby-veldtog sonder die dienste van die vleuel Kobus van Wyk wees nadat hy vermoedelik ’n ernstige kniebesering opgedoen het.

Terwyl daar nog nie amptelike nuus is nie, is verneem daar is vrese dat hy twee maande langs die kantlyn gaan wees.

Lees ook:

Pierre Spies gl​o grondslag is gelê vir sege teen Stormers

Heinrich Brüssow ​se besering het Reds gehelp

Somber atmosfee​r onder Haaie

Van Wyk het die besering ná ’n halfuur se spel opgedoen in Saterdag se sege van 13-6 oor die Force in Perth. Hy is deur Huw Jones vervang.

Allister Coetzee, die Stormers se afrigter, kan hom moontlik na Johnny Kotze wend om die nr.14-trui te dra in Saterdag se wedstryd teen die Bulle op Nuweland.

Kotze was op die regtervleuel toe die Stormers die Bulle in hul eerste wedstryd vanjaar op Loftus geklop het en is dus gewoond aan die gepaardgaande druk van ’n yslike Noord-Suid-wedstryd.

Aan die positiewe kant is die Springbok-agtsteman Duane Vermeulen klaar gerus. Nizaam Carr sal waarskynlik plaasvervangersbank toe geskuif word om vir hom plek te maak.

Elders behoort Scarra Ntubeni weer as haker te begin nadat die oud-Bul Bongi Mbonambi ’n geleentheid teen die Force gekry het.

Dit sal interessant wees om te sien of Coetzee aan sy skakelpaar gaan verander nadat Louis Schreuder en Demetri Catrakilis teen die Force diens gedoen het.

Schreuder se skopwerk van agter die oond kan veral ’n nuttige teenvoeter wees omdat die Bulle die stewel baie sal inlê.

Dan weer sal Coetzee nie wil hê sy span moet die wedstryd op die Bulle se terme speel nie en die kanse is seker goed dat Groom op sy pos sal wees.

Coleman op losskakel sal die Stormers gevaarliker op die aanval maak, maar Catrakilis bied ’n bestendigheid wat nie te versmaai is nie.

Ongeag die skuiwe wat gemaak word, kan ’n mens nie help om te wonder of dit dalk te veel van die Stormers gevra is nie om onmiddellik ná ’n toer van Australasië teen die Bulle te speel.

Coetzee was egter positief oor die uitdaging teen moontlik die mees fisieke span in die reeks.

“Dis ’n groot uitdaging, maar nie die soort wat ons nie al vantevore trotseer het nie,” het hy gesê.

Coetzee en kie het darem minder druk op hulle as die Bulle.

Die Pretorianers is tweede op die puntelys, maar moet nog gaan toer en slegs twee van hul oorblywende sewe wedstryde is in Pretoria.

Die Stormers gaan in vyf van hul oorblywende sewe wedstryde tuisveldvoordeel hê. Hulle is slegs twee ligapunte agter die Bulle en ’n sege Saterdag kan die weg baan om die Suid-Afrikaanse konferensie te wen.

As die Bulle wen, sal dit hulle ’n voorsprong gee vir ’n moeilike pad vorentoe.

Ongeag staan die Stormers redelik sterk in sesde plek .

 Puntemakers:

Stormers 13 (10) Drie: Strafdrie. Doelskop: Demetri Catrakilis. Strafdoele: Catrakilis, Kurt Coleman.

Force 6 (6) Strafdoele: Luke Burton (2)

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.