Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbok Ruhan Nel draf op vleuel uit in Loftus-stryd
Ruhan Nel | Foto: Getty Images

Bloemfontein. – Met die nuus dat drie Super-spelers volgende jaar na die Vrystaat-Cheetahs oorloop, het Griekwas daarin geslaag om self ’n paar plaasvervangers van gehalte nader te trek met die oog op 2016.

Lees ook: Die Springbokke gaan m​eer skop

Die Poubloues se hoofafrigter, Hawies Fourie, het bevestig dat die Pumas-losvoorspeler Uzair Cassiem, Westelike Provinsie se Vodacombeker-senter Kyle Lombard, die Luiperds-skrumskakel Tian Dorfling en SWD-slot Schalk Oelofse, almal kontrakte met hulle gesluit het.

Lees ook:

‘Transformasie moet ​van onder na bo geskied’

Trevor Nyakane ont​ken Cosatu se bewerings

Dit het vroeër bekend geword dat die skrumskakel Tian Meyer, senter Michael van der Spuy en stut Danie Mienie volgende jaar in Vrystaat-gewaad sal uitdraf.

“Hulle sal broodnodige diepte verskaf.

“Ons kyk nog hier en daar na ’n posisie waarin ons ons reserwekrag wil verbeter,” het Fourie gesê.

Meyer-hulle is dalk volgende jaar by die Vrystaat, maar moet nog in dié seisoen se Curriebeker-reeks hul staal toon.

Al drie is gekies vir die Poubloues se kragmeting Vrydagaand met die Blou Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria.

Die Blitsbok Ruhan Nel is behou in die beginspan, maar hy sal dié keer op vleuel uitdraf nadat hy verlede Vrydag in teen die Westelike Provinsie op senter begin het.

“Ruhan het werklik goed vertoon teen die Westelike Provinsie en daarom het ons besluit om hom te behou.

“Ek voel dat Ederies Arendse nog nie heeltemal op peil is nie en daarom het ons besluit om Ruhan op vleuel te gebruik.

“Hy kan immers senter, vleuel en heelagter speel.

“Wat ook lekker is, is dat hy nie ’n speler is wat staan en wag dat die bal by hom uitkom nie. Hy gaan soek werk,” het Fourie gesê.

Hilton Lobberts en RJ Liebenberg en die senter Johnathan Francke is weer oorgehaal om te speel ná hulle van beserings herstel het. Francke sal in Nel se plek speel.

Lees ook: Div: ‘Daar is steeds b​aie rassisme in rugby’

Griekwas: Gouws Prinsloo, Ruhan Nel, Johnathan Francke, Michael van der Spuy, Ntabeni Dukisa, Riaan Viljoen, Tian Meyer (k), Carel Greeff, Hilton Lobberts, RJ Liebenberg, Hugo Kloppers, Jonathan Adendorf, Stephan Kotze, AJ le Roux, Danie Mienie. PLAASVERVANGERS: Martin Bezuidenhout, Ewald van der Westhuizen, Jaco Nepgen, Leon Karemaker, Rudi van Rooyen, Clinton Swart, Jacquin Jansen.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.