Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blou Bul keer terug na Bloem
William Small-Smith nog vanjaar in Pretoria. Foto: Gallo

BLOEMFONTEIN. – ’n Vierde speler wat nie self deur Franco Smith-hulle gewerf is nie, het gevra om sy rugby in die nabye toekoms in die Cheetahs-trui te kom speel.

Die Blou Bulle-senter William Small-Smith sal van 2016 se Superrugby-reeks vir die Cheetahs beskikbaar wees.

Dít nadat Fred Zeilinga (Haaie, losskakel), Sias Ebersohn (Western Force, losskakel) en Neil Rautenbach (Westelike Provinsie, haker) kontrakte met die Cheetahs gesluit het.

Lees ook:

Groot Frans​e g€€lwortel

Bakkies Botha ‘wi​l nie inklim’

Bokke verras met hul ​nr. 13

Blou Bul keer terug n​a Bloem

Dié drietal sal reeds vir die Curriebeker-reeks deur Smith as hoofafrigter oorweeg kan word.

Die 23-jarige Small-Smith moet egter eers tot einde 2015 in Pretoria aanbly waar hy selfs vanjaar die Blou Bulle in die Curriebeker kan aanvoer.

Smith en Rory Duncan, die Cheetahs se direkteur van rugby, probeer deesdae om die spelers vir ’n tydperk van drie jaar te kontrakteer, maar dit is onseker hoe lank Small-Smith presies ’n Vrystater sal bly.

Sy besluit is nietemin goeie nuus vir die Cheetahs nadat een van hul senters, Johann Sadie, aangekondig het dat hy ’n kontrak met die Franse klubspan Agen gesluit het.

Sadie is reeds vort en Francois Venter, wat goeie spel in die Super-reeks gelewer het, is die gunsteling om die Vrystaters se buitesenter in die Curriebeker te wees.

Venter, een van die ongelukkigste spelers om nie by die vergrote Bok-groep ingesluit te word nie, is ewe tuis op binnesenter en kan in die toekoms ’n gedugte senterpaar met Small-Smith vorm.

Laasgenoemde het hier aan die Grey-kollege gematrikuleer, die Vrystaatse Cravenweek-span aangevoer en ná skool spanne soos die Junior Bokke, die Blitsbokke, die Tukkies en die Blou Bulle verteenwoordig.

Aangesien hy en JJ Engelbrecht om ’n plek in die Bulle se beginspan meegeding het, het Small-Smith nog nie noemenswaardige speelkans in Pretoria gekry nie. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.