Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke-krukkelys aansienlik korter: Jean de Villiers straks op bank
Die losskakel Pat Lambie het so herstel van ’n nekbesering dat hy onmiddelik weer ingespan kan word. Foto: Denvor de Wee

Kaapstad. – Die Springbok-kaptein, Jean de Villiers, kan moontlik 20 minute se rugby in Saterdag se wedstryd teen ’n Wêreldspan op Nuweland speel.

Craig Roberts, die Bokke se spandokter, het Maandag bevestig De Villiers is toestemming gegee om te speel, net agt maande nadat hy verlede Desember ’n operasie om sy knieskyf te herbou moes ondergaan.

“Ons is in ons noppies met Jean se vordering. Dis nou die afrigter se besluit of hy hom wil kies,” het Roberts gesê.

Lees ook:

Nog ’n slag vir Bokke: Duane Vermeu​len onder die mes

Beskeie Wayde van Niekerk sê sy reko​rdtyd voel steeds onwerklik

Enkelbesering hou Rory McIlroy straks uit Bri​tse Ope

“In Jean se geval wil ons graag hê hy moet aanvanklik 20 minute speel sodat ons kan sien hoe sy knie dié inspanning hanteer.”

Sou Heyneke Meyer, die Bok-afrigter, bereid wees om dié kans te waag, behoort De Villiers op die plaasvervangersbank te wees.

Daarna kan hy moontlik speelkans in die Westelike Provinsie se opwarmwedstryde teen die SWD-Arende en die OP-Kings voor vanjaar se Curriebeker-reeks kry.

Victor Matfield behoort die span in die Rugby-kampioenskap aan te voer.

Intussen sal die agtsteman Duane Vermeulen Woensdag ’n nekoperasie ondergaan. Dit sal sý deelname aan die WB-toernooi in gedrang bring.

“Die herstelperiode vir só ’n besering is sowat agt weke. In Duane se geval sal ons vir tien moet mik,” het Roberts gesê.

“Hy sal twee weke ná die operasie reeds kan oefen, maar uiteraard nie kontakoefeninge kan doen nie.

“Hopelik sal hy fiks wees, maar die kopseer is hy dat hy waarskynlik nie speelkans sal kry voor die WB-toernooi nie.”

Suid-Afrika se eerste WB-wedstryd op 19 September teen Japan in Brighton, is dalk ’n ideale geleentheid om De Villiers en Vermeulen slaggereed te kry vir moeiliker uitdagings later in die toernooi.

Daar was ook goeie nuus vir die Bokke.

Lood de Jager (slot), Heinrich Brüssow, Schalk Burger (albei flanke), Lionel Mapoe (senter), Cobus Reinach (hand) en Patrick Lambie (losskakel) het van almal hul beserings herstel.

Ons is in ons noppies met Jean se vordering.

Volgens Roberts hoef Lambie, wat ’n nekbesering gehad het, nie soos De Villiers ’n geleidelike terugkeer te maak nie.

“Dit was ’n besering aan ’n been, wat ten volle herstel het,” het hy gesê.

“Ons hoef nie enige voorsorgmaatreëls in te stel om te keer dat die besering weer opvlam nie.

Roberts is ook optimisties Coenie Oosthuizen, wat ’n nekoperasie moes ondergaan, sal betyds reg wees om in aanmerking vir die WB-groep te kom.

“Dit gaan goed met Coenie.

“Sy besering verskil natuurlik van Duane s’n omdat hy ’n stut is,” het Roberts gesê.

Daar is slegte nuus ook.

Die skrumskakel Fourie du Preez, die binnesenter Frans Steyn en die slot Pieter-Steph du Toit sal eers vir die toets teen Argentinië op 8 Augustus in Durban beskikbaar wees.

Daar word duim vasgehou dat die flank Willem Alberts, wat las van enkel- en dyspierbeserings het, in aanmerking sal kan kom vir die toets teen Nieu-Seeland in Johannesburg op 25 Julie.

Die senter Jan Serfontein (heup en knie) is ook nog nie reg om te speel nie.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.