Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Daar is steeds baie rassisme in rugby’ - Peter de Villiers

KAAPSTAD. – Peter de Villiers, voormalige Springbokafrigter, het sy kommer oor die huidige opset in die Bok-kamp uitgespreek.

De Villiers, wat die Bokke van 2008 tot 2011 afgerig het, sê in ’n rubriek op die webwerf Times­LIVE te min swart spelers word die geleentheid gegee om te wys waartoe hulle in staat is.

“Ek glo die Bokke se probleme het in die aanloop tot die toets (teen die Poemas) begin, toe Heyneke Meyer die intelligensie van swart mense met oneerlike keuring onderskat het,” skryf De Villiers.

Lees ook:

‘Transformasie mo​et van onder na bo geskied’

Trevor Nyakan​e ontken Cosatu se bewerings

MNS het my soveel g​egee, sê Joost

Die Springbokke gaa​n meer skop

Hy het aan Son gesê hy glo dis alles Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby (Saru), en Oregan Hoskins, president van Saru, se skuld omdat hulle toelaat dat Meyer “met moord wegkom”.

“Ek hoor hulle gaan sy kontrak ná die Wêreldbeker-toernooi hernu. Hy (Meyer) maak net wat hy wil en niemand hou hom verantwoordelik nie.

“Hy bring vir Jean de Villiers terug ten koste van Jesse Kriel, wat ’n belowende swart speler soos Lwazi Mvovo uit die span op vleuel uithou.

“Jurie (Roux) dink die swart mense is dom. Hulle dink ons ken nie die game nie. Daar is steeds baie rassisme in rugby.”

Meyer is hierdie week onder skoot nadat die Bokke van die tweede tot die vyfde posisie op die wêreldranglys geval het en die nasionale span nie getransformeer word nie.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.