Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Daniel Maartens: Wat n droom-debuut!
Drieëvraat. Die Shimlas-flank Daniel Maartens op pad om in Maandag se eindstryd teen die Pukke een van die mooiste drieë van vanjaar se Varsitybeker-reeks te druk. Foto: Conrad Bornman

Om in jou eerste jaar van Varsitybeker-rugby die voorste driedrukker te wees, sit nie in enige speler se pienk broek nie.

Die Shimlas se jong Daniel Maartens, wat Maandag teen die Pukke een van sy span se helde in die eindstryd was, verskuif egter gou die aandag na sy se­nior spanmaats.

Hy het dadelik die witkop-flank Gerhard Olivier, wat toevallig saam met hom die meeste Varsitybeker-drieë gedruk het, bedank.

Die 19-jarige Maartens is bly oor die wyse waarop Olivier-hulle hom vanjaar deel van die span gemaak het.

Maar dié boorling van Nelspruit het vinnig sy pad tot in die beginspan oopgespeel en is nou, ondanks sy grootte, een van die Varsitybeker-reeks se menere.

Hy is een van ’n handjievol jong Shimlas wat verlede jaar die reeks se o.20-titel saam met die Kovsies gewen het en nou ’n Varsitybeker-kampioen is.

Maartens is ook een van verskeie Shimlas wat ongelukkig is om nie die Varsitybeker-droomspan te haal nie. Sy agtsteman Niell Jordaan is ook een.

Maartens se mede-losvoorspelers, Olivier en Henco Venter, is ingesluit. Venter het egter vanjaar ’n paar keer, én in die eindstryd teen die Pukke, slot gespeel.

Maartens en Olivier het albei agt drieë – die meeste in die reeks – gedruk, terwyl Jordaan se vyf ook tussen die voorste driedrukkers tel.

“Die ouer manne het veral ons jong ouens vinnig ingesluit en deel van die span gemaak,” sê Maartens aan Rapport.

Hy behoort aanstaande jaar weer vir die Shimlas te speel en sal vanjaar vir die Vrystaatse o.21-span uitdraf.

Hy het vir die Pumas Cravenweek-rugby gespeel en is destyds ná skool sonder ’n kontrak na die Vrystaat gelok.

Vir hom was die Shimlas se Varsitybeker-welslae die hoogtepunt van sy loopbaan:

“Verlede jaar in Pretoria het ek in die Young Gunsse eindstryd teen die Tukkies gespeel en gewen,” sê Maartens.

“Dit was lekker, maar hierdie is beslis baie beter. Net omdat ons as ’n span so goed saamgespeel het. Dit maak dit net soveel lekkerder.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.