Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Maks op pad na Kings
GW word Haai ryker
Die Haaie-stut Danie Mienie sal volgende jaar sy rugby vir Griekwas speel. Die Poubloues se afrigter, Hawies Fourie, het Maandag bevestig dat die 23-jarige boorling van Polokwane ’n kontrak van een jaar met die Noord-Kapenaars gesluit het en hom op 1 November in Kimberley sal aanmeld.
Ewald van der Westhuizen (met die bal) is een van die voorrymanne in Griekwas se stut-spens. Foto: Emile Hendricks
Maks van Dyk

BLOEMFONTEIN. – Die Haaie-stut Danie Mienie sal volgende jaar sy rugby vir Griekwas speel.

Die Poubloues se afrigter, Hawies Fourie, het Maandag bevestig dat die 23-jarige boorling van Polokwane ’n kontrak van een jaar met die Noord-Kapenaars gesluit het en hom op 1 November in Kimberley sal aanmeld.

Mienie het sy rugbyloopbaan in Durban begin waar hy vir die Haaie se jongspanne gespeel het voordat hy in 2012 die eerste keer Vodacombeker-rugby gespeel het.

Hy was ook verlede jaar een van die Durbaniete se staatmakers in die Curriebeker-reeks.

“Danie sal hom aan die einde van die jaar by ons aansluit.

“Hy is ’n ervare speler wat verlede jaar in agt van die Haaie se tien Curriebeker-wedstryde gespeel het.

“Hy het dalk nog min gespeel vanjaar omdat daar soveel stutte in Durban is, maar is beslis ’n aanwins. Hy sal baie goeie diepte op stut bied met iemand soos Maks van Dyk wat volgende jaar na die Kings skuif,” het die afrigter, Hawies Fourie, gesê.

Van Dyk skuif volgende seisoen na die Kings, vanwaar hy steeds vir die Cheetahs in volgende jaar se Superrugby-reeks beskikbaar sal wees.

Griekwas beskik steeds oor staatmakers soos Steph Roberts, Ewald van der Westhuizen en Janro van Niekerk, maar Mienie sal gewis hul diepte aanvul.

Sy koms was Maandag goeie nuus vir die Poubloues waar hulle nog besig was om wonde te lek nadat hulle Vrydag in Nelspruit teen ’n omgekrapte Pumas-span vasgeval het.

Behalwe vir die feit dat Griekwas nie ’n enkele bonuspunt teen die tuisspan ingesamel het nie, is daar boonop nog twyfel oor drie van hul staatmakers.

“Maks het ’n ligament in sy enkel seergemaak en behoort die Vrystaat-wedstryd mis te loop. Steph Roberts en Jaco Nepgen sal tot Woensdag gegun word om hul fiksheid te bewys,” het Fourie bygevoeg.

Roberts het sy heup en Nepgen sy nek beseer. Daar was Maandag ook geen goeie nuus oor beseerde staatmakers soos Gouws Prinsloo (heelagter) en Jacquin Jansen (vleuel) se terugkeer nie.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.