Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Heinrich Brüssow se besering het Reds gehelp

As die Cheetahs se afronding in die eerste helfte beter was, sou hulle rustyd gemaklik voorgeloop en waarskynlik geseëvier het.

Só het Naka Drotské, hul breier, gesê nadat sy rugbyspan Saterdag hier teen die Reds vasgeval het.

Lees ook:

Pierre Sp​ies glo grondslag is gelê vir sege teen Stormers

Beseringspook in S​tormers-kamp

Somber at​mosfeer onder Haaie

Volgens hom was sy span dalk ongelukkig dat sy losskakel Joe Pietersen teen die einde ’n strafskop verbrou het, maar is dit nie die rede vir sy Super-nederlaag van 17-18 nie.

En al was die flank Heinrich Brüssow (arm) en heelagter Coenie van Wyk (enkel), wat albei lank uit is, se beserings ontwrigtend, meen hy die Cheetahs het genoeg kanse gehad.

Volgens Drotské het Brüssow, wat die laaste tyd weer pure Bok was, sy arm gebreek en sal hy waarskynlik die res van die reeks mis. Al sal die Cheetahs eers Maandag weet, lyk dit of Van Wyk sowat ses weke kan uitsit.

Daar is kort voor afskop besluit om nie met die vleuel Raymond Rhule (dyspier) te waag nie. Die plaasvervanger Tienie Burger het steke ontvang.

“In die eerste helfte het ons twee lynbreke gehad waar dit twee op een verdediger was en dit is die basiese dinge. Slegs die laaste aangee moes gemaak word en dan is dit 14 punte by,” het Drotské gesê.

“Skielik gaan jy rustyd binne en die telling is 24-3 teen ’n span wie se selfvertroue laag is. Ons moes die wedstryd in die eerste helfte gewen het.”

Hy het gesê sy span het in meeste afdelings, buiten die skrums wat hy as swak beskryf het, oorheers.

“Ons intensiteit was nie goed in die tweede helfte nie,” het Francois Uys, die Cheetahs-kaptein, gesê.

“In die eerste helfte was ons verdediging werklik goed.”

Richard Graham, die Reds-afrigter, was bly oor die sege en meen sy span het ’n goeie toer gehad.

“Dit is nie lekker om teen die einde van ’n wedstryd te sien dit word met ’n skop beslis nie.

“Ek dink nie ons het die strafskop teen ons verdien nie en ’n mens voel ’n bietjie vir Pietersen.”

James Slipper, sy kaptein, erken Brüssow, wat al in die 14de minuut af is, se besering het sy span gebaat.

■ Puntemakers:

Reds 18 (3) - Drieë: Adam Korczyk, Samu Kerevi. Doelskop: James O’Connor. Strafdoel: O’Connor. Skepdoel: Nick Frisby.

Cheetahs 17 (10) - Drieë: Rayno Benjamin, Boom Prinsloo. Doelskoppe: Joe Pietersen (2). Strafdoele: Pietersen.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.