Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Meyer loof Kolisi, Paige se bydrae
Siya Kolisi. Foto: Steve Haag/Gallo images

Om deel van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi te wees, was die beste ervaring van sy internasionale rugby-loopbaan.

Só se Siya Kolisi, Springbok-flank van die Westelike Provinsie. Kolisi het slegs 40 minute se speelkans in die toernooi gehad.

“Dit was die beste ervaring van my internasionale loopbaan tot dusver,” het Kolisi gesê.

“Dit is ’n groot droom wat verwesenlik is, selfs al het ek nie baie speelkans gekry nie.”

Rudy Paige voel ook hy is nie stief behandel nie hoewel hy net 28 minute se speelkans gekry het is in die Springbokke se Wêreldbeker-veldtog.

“Ons het reeds in Augustus, toe die WB-groep aangekondig is, besluit geen speler se persoonlike doelwitte geniet voorkeur in ons veldtog nie,” het hy gister met die span se terugkeer uit Engeland gesê.

Hoewel dit lyk asof Paige en Kolisi nie veel van ’n bydrae tot die Bokke se derde plek in die toernooi gelewer het nie, het hulle volgens dié span se afrigter, Heyneke Meyer, ’n belangrike rol gespeel.

“Een van die redes hoekom ons so goed teruggeveg het in die Wêreldbeker-toernooi was weens die positiewe ingesteldheid van spelers wat nie eerste of tweede keuses in hul posisies was nie. Hulle het uitstekend geoefen en baie opofferings vir die span gemaak,” het die Springbok-afrigter gesê.

“Mense onderskat hoe belangrik dit is vir alle lede van ’n span om positief te bly. Ek is baie dankbaar vir hul bydrae.”

Meer oor:  Springbokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.